Tweede modderstorting in Alpe-dorpie

Modderstroting in Bondo, Switserland (Foto: Gian Ehrenzeller/Keystone via AP)

Nóg ʼn modderstorting het Vrydag ʼn dorpie in die Alpe in Switserland getref, ná ʼn vorige modderstorting Woensdag waartydens agt persone verdwyn het.

Beeldmateriaal van Bondo, op die Italiaanse grens, wys hoe modder, klippe en puin teen ʼn berghang afbeweeg.

Michael Kirthner, direkteur van die Bregaglia-toerismeowerheid, het gesê hy het gesien hoe twee of drie huise deur die jongste modderstorting getref word.

Die Graubuenden-streekspolisie het gesê die nuwe modderstorting het gebiede getref wat reeds weens veiligheidsredes afgesper is ná die vorige groot modderstorting.

Volgens die polisie is niemand Vrydag beseer nie.

Die polisie het vroeër gesê die ontruimingsbevel word geleidelik opgehef ná Woensdag se modderstorting. Twee persone van Oostenryk, vier van Duitsland en twee van Switserland word steeds vermis. Hulle het vermoedelik in die gebied gestap toe die modderstorting plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.