Tweede Nuwejaar-viering wéér uitgestel

Die Kaapse Klopse tydens verlede jaar se parade. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Die Kaapse Klopse tydens verlede jaar se parade. Foto: Nardus Engelbrecht / SAPA

Die Kaapse Klopse se straatkarnaval wat Maandag sou plaasvind is weer uitgestel.

Dié geleentheid vind gewoonlik op 2 Januarie plaas maar is aanvanklik tot 5 Januarie uitgestel uit respek vir die Moslemse heilige dag wat Donderdag gedenk is. Daar is egter Sondag aangekondig dat die geleentheid, ook bekend as Tweede Nuwejaar, nou eers Saterdag sal plaasvind.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Sondag ʼn mediaverklaring uitgereik waarin sy aanvoer die stadsraad moes deur die media hoor die karnaval is uitgestel.

“Die Stad en provinsie het in November ʼn geskiedkundige ooreenkoms met die nuutgevormde Kaapse Kulturele en Karnavalkomitee onderteken om leiding te gee vir die pad vorentoe om suksesvolle jaarlikse gebeure te verseker.”

Volgens De Lille het die ooreenkoms behels dat die komitee die organiseerders is van die geleentheid en dat dit hulle verantwoordelikheid is om te verseker dat alle relevante voorbereidings getref word.

“Dit is weens hulle eie toedoen dat die geleentheid nie plaasvind nie. Die stadsraad het reeds R2 miljoen aan die komitee gegee om dit te reël en het verder R1,65 miljoen se ondersteuningsdienste aangebied terwyl die provinsiale regering ook R2,35 miljoen bygedra het,” het De Lille gesê.

Volgens De Lille is dit die komitee se verantwoordelikheid om te verseker dat die geleentheid plaasvind. “Indien hulle die stadsraad op enige manier blameer vir die kansellasie is hulle leuenaars. Die Stad het die ooreenkoms saam met die komitee onderteken en ons het by ons kant van die ooreenkoms gehou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.