Tweede ‘plaasaanvaller’ nog soek ná ongeluk

Die ongelukstoneel buite Sasolburg. Foto: Verskaf

Die Vrystaatse polisie is steeds op die spoor van die tweede verdagte in die onlangse plaasaanval op Ronnie Brand buite Oranjeville.

Brand is Maandagoggend op sy plaas naby die Jim Fouché-vakansieoord buite die dorp met ’n moersleutel aangerand waarna twee verdagtes met sy selfoon en ander items in sy bakkie op die vlug geslaan het.

Maroela Media het vroeër berig een van die verdagtes het egter kort ná die voorval met die gesteelde bakkie buite Sasolburg verongeluk.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê daar word in dié stadium beweer dat albei verdagtes in die bakkie was ten tyde van die ongeluk.

Een van die verdagtes het in die voorval omgekom terwyl die ander een van die ongelukstoneel gevlug het. Hy is sedertdien soek.

Hoewel Rani nie in dié stadium aan Maroela Media kon bevestig of die verdagte enige beserings in die ongeluk opgedoen het nie, het sy wel gesê dat die polisie besig is met ʼn ondersoek na alle besonderhede oor die verdagte.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jolanda ·

Saak van huisroof en aanranding???!

Wat van poging tot MOORD…!!!

jakes ·

Snaaks dat die regering nog nie hul medelye met die ‘oorledene ‘ betoon het nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.