Tweede roufase vir Mandela gehou

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Oud-president Nelson Mandela se familie het oor die naweek met ʼn tweede roufase by die koninklike huis in Qunu in die Oos-Kaap begin, het The Sowetan Maandag berig.

“Ons is tevrede dat alles goed verloop het. Alles is behoorlik uitgevoer en die seremonie was vreedsaam,” het Daludumo Mitrara, die koninklike huis se woordvoerder, gesê.

Mitrara het gesê die rouseremonie is hoofsaaklik deur familielede bygewoon. Dit sluit sy weduwee, Graca Machel, sy kleinseun, Mandla Mandela en sy voormalige vrou Winnie Madikizela-Mandela, in. “Dit sou onbehoorlik gewees het om die seremonie te hou as hulle nie daar was nie,” sê Mitrara.

Die derde fase van rou duur tot Junie wanneer Machel die rouproses sal beëindig. Mandela se rouproses is van een jaar na ses maande verminder.

Mandela is in Desember in die ouderdom van 95 by sy huis in Houghton, Johannesburg, dood. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Huisvrou ·

Van een jaar na ses maande verminder…. Hoekom?

Omdat die jaar rouproses straks dan klaarmaak en dit ongehoord is om 18 maande te rou in die tradisie….???

Hoekom sou die rouproses van so ‘n “belangrike staatsman” sonder enige verduideliking net verkort word?
Dit maak nie sin nie!

Slim Daan ·

Ja Jasper. Om enigsins n sweem van n “moontlike soort van moraliteit” lewend te hou, sal fase 3-4-5-6-7-8-9 ( x 1000 keer ) ad infinitum die lig sien.
Niks soos om ( veral as dinge donker lyk…… wat bykans ALTYD is ) – die afgodsbeeldjie so bietjie van die rak af te haal vir n bietjie afstof nie. Daarna voel almal se hartjies weer so skoon en rein. Ghmpf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.