Tweede verdagte (17) vas oor jong vrywilliger se dood

Bheki Cele troos vir Mogamat Noordien, Ameerodien se pa. Foto: ANA.

Nog ʼn persoon is Saterdagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op Ameerodien Noordien ʼn week gelede in Hanoverpark in die Kaapse Skiereiland.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die 17-jarige verdagte is op Athburg Walk in Hanoverpark deur lede van die polisie se teenbende‑eenheid in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 21-jarige man is vroeër vandeesweek vasgetrek nadat hy geswig het voor die druk van beamptes wat warm op sy spoor was en hom aan die polisie oorhandig. Hy sal na verwagting Maandag in die Wynbergse landdroshof verskyn.

Noordien, ʼn vrywilliger van die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers, is dood toe hy in die middel van twee bendes in Hanoverpark se kruisvuur beland het.

“Hoeveel onskuldige lewens sal dit nog verg?” wou Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, ná sy dood weet. “Hoeveel jong kinders moet nog gewelddadig en tragies sterf? Hoeveel ouers en broers en susters sal nog moet treur voor ons as ʼn nasie met beslistheid optree om bendebedrywighede, dwelmmisbruik en geweld hok te slaan?”

Die 20-jarige Noordien wou aan ʼn lewe van armoede ontsnap, het Sooliman gesê, sonder dwelmgebruik, bendebetrokkenheid, geweld; net eerlikheid, integriteit, harde werk en ʼn regmatige inkomste om vir sy familie te sorg. Hy het as vrywilliger by Gift of the Givers in Kaapstad aangesluit waar hy saam met ander as tydelike personeel ʼn inkomste kon verdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Snowball ·

Daai Judaskus beteken niks. Sy kind is dood. Doen jou werk en kry misdaad onder beheer.

Concern ·

Ek stem saam met Randie, GM en Snowball. Die polisie of meeste van hulle is self “corrupt”. Die gemeenskap waar so bly is van die Manne in blou uniform n klomp skelms. Hulle word deur die drug lords betaal. The police look in a different direction cos they are on the payroll of these criminals. The people who need to curb crime are criminals themselves.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.