Tweede verdagte aangekeer oor Alexandria-boer se moord

Riaan Scheepers. Foto: Verskaf

ʼn 21-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op Riaan Scheepers, ʼn beesboer van die Alexandria-omgewing in die Oos-Kaap.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê die man sal Maandag in die Alexandria-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Scheepers (62) is op 25 November 2017 tydens ʼn plaasaanval wreed aangerand deur twee aanvallers. Hy het 25 dae later aan sy beserings beswyk.

Siphamandla Petse (24), wat in Desember 2017 in hegtenis geneem is in verband met die aanval, is steeds in aanhouding. Hy moet weer op 28 Junie 2018 in die hof verskyn.

Scheepers, ʼn wewenaar, is die oggend tussen 08:00 en 09:00 oorval toe hy by sy huis op die plaas, waar hy 27 jaar lank met vleisbeeste geboer het, ingestap het. ʼn Plaaswerker het hom hoor skree, maar die werker is deur een van die aanvallers oorval voordat hy hulp kon ontbied.

Scheepers en die werker is albei in die sitkamer van die huis vasgebind en die werker is geblinddoek. Die werker het gehoor hoe twee aanvallers vir Scheepers erg aanrand voordat hulle uiteindelik met ʼn selfoon, ʼn rewolwer en ʼn bakkie op die vlug geslaan het. Die bakkie is later die dag gevind.

Van Scheepers se kledingstukke sowel as sy selfoon is tydens Petse se inhegtenisneming in sy besit gevind en vir forensiese toetse gestuur.

Scheepers is ná die aanval in die waakeenheid van die Netcare Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth opgeneem. Hy het vier skedelkrake opgedoen nadat hy met ʼn stomp voorwerp aangerand is en het ook talle steekwonde aan sy kop opgedoen. Hy is aanvanklik in ʼn geïnduseerde mediese koma geplaas, maar die verdowing is later gestop. Hy het egter steeds in ʼn koma gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bok ·

Dit is mos nie ‘n plaasaanval nie.
Hy het regstelende inkoopies gedoen.
Hy moet onmiddelik vrygelaat word!!!

Waarheid ·

Hoekom? Goeie vraag. Antwoord is wil jy regering in gedrang bring? Gaan kyk bank rekenings? O ja skuus, dus onderlangs want besighede het mos business claims soos hmm ja, almal weet mos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.