Tweede verdagte óók oor afgrond toe hy wou vlug

Foto: SAPD.

Lede van die Durbanse soek- en reddingspan, die honde-eenheid, die metropolisie en die Hillcrest-polisie is Dinsdag weer teruggeroep na ʼn toneel in Hillcrest waar ʼn verdagte by ʼn afgrond afgeval en gesterf het toe hy van die polisie en veiligheidswagte gevlug het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man wat vermoedelik by Greenvale Village Estate in Hillcrest wou inbreek, het gevlug toe hy opgemerk is. Polisiebeamptes en veiligheidswagte het hom agternagesit en die verdagte is dood toe hy by die afgrond afgeval het.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê beamptes is later teruggeroep omdat bewysstukke van die onderkant van die 30 m hoë waterval na bo gebring moes word. Kringtelevisiebeeldmateriaal het getoon dat ʼn tweede verdagte óók by die afgrond afgeval het.

Ghost, ʼn hond wat deur die honde-eenheid gebruik word, is saam met sy hanteerder sers. Collin Chetty oor die afgrond afgesak om na die tweede verdagte te soek. Die polisie het gesê die liggaam van die tweede verdagte is egter nie gevind nie, ondanks die uitgebreide soektog. Die polisie vermoed hy het op ʼn rotslys beland en langs die grenslyn ontsnap.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die Hillcrest-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek in verband met die eerste verdagte se dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justice ·

Skiet die eiendomspryse in Greenvale Village nou die hoogte in.

kat ·

Mooi man so bly hy is ook oor die afgrond want nou kan niemand onregverdig angekla word nie.

Dalk? ·

Gedagtig aan die polisiehond Ghost het die tweede verdagte dalk van gedaante verwissel en is nou ‘n spook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.