Tweede verdagte vas ná Caydene se moord

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Port Elizabeth het ʼn tweede persoon in hegtenis geneem in verband met die tweejarige Caydene Ruiters se moord.

Die kleuter is in Desember dood toe ʼn dwaalkoeël van ʼn bendeskietery haar getref het. Sy het voor haar huis in Helenvale gestaan toe die koeël haar in haar bors getref het.

“ʼn 29-jarige man is Donderdagmiddag in Hollandpark in hegtenis geneem deur lede van die bendetaakspan,” het kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die eerste verdagte, die 24-jarige Marcus Malgas, wat in Desember verlede jaar in hegtenis geneem is, het intussen in die hof verskyn op aanklag van moord. Naidu het gesê hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 7 Maart.

Die polisie het gesê Malgas word ook verbind met twee ander skietgevegte in Gelvandale, en staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DPJ ·

Daar word so goeie werk deur dominies/pastore onderbendes gedoen en nog steeds vind die moorde plaas. Wat sal die oplosing toh weed?

Peter ·

Dis barbaars. Wanneer gaan ons land in ‘n beskawing begin verander?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.