Tweede verdagte vas ná moord op ouditeur

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur, wat in Oktober verlede jaar vermoor is.

Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, sê die verdagte is die naweek in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Hy sê die 39-jarige verdagte het die polisie vir amper ʼn jaar lank ontwyk.

Moepi (41) is op 18 Oktober in die parkeerterrein van sy kantoor in Houghton, Johannesburg doodgeskiet.

Die eerste verdagte in die saak, Remember Siphoro (42), is in Desember in Soweto in hegtenis geneem. Hy is in Januarie in die Johannesburgse landdroshof borgtog geweier. Hy word aangekla van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Siphoro en die ander verdagte sal op 17 November in die hof verskyn. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir die arrestasie.

Lees ook:
Reuse beloning vir inligting oor moord op ouditeur
Verdagte in hof vir ouditeur se moord
Verdagte vas oor moord op ouditeur
Ouditeur-skiet: Polisie swyg oor moontlike sluipmoordaanval
Direkteur by ouditeursfirma doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.