Tweede verdagte vas oor onnie se moord

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Tweede verdagte is in Isipingo in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 47-jarige onderwyser van Bergville.

“Die verdagte is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van en moord op Raymond Mabizela (47),” het maj. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Mabizela se meisie, Fikelephi Ngubane (28), het hom glo op 11 Maart na Wembezi gelok. “Na bewering is hy deur ʼn ander kêrel van Ngubane ontvoer en hy het verdwyn,” het Magudulela verduidelik. “Die onderwyser is as vermis aangemeld en sy ontbinde liggaam is op 24 Maart gevind. Hy is in ʼn sloot gevind en sy liggaam was met ʼn mat bedek.”

Ngubane is in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek. Sy het reeds in die Estcourt-landdroshof verskyn en die saak is uitgestel tot 6 Mei vir ʼn aansoek om borgtog.

Polisiebeamptes van die Umlazi-honde-eenheid en Durban se veiligheid- en sekuriteitsdiens het Vrydag inligting opgevolg en die tweede verdagte is by ʼn bushalte in hegtenis geneem. “Hy sal na verwagting Dinsdag in die Estcourt-landdroshof verskyn,” het Magudulela bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Irene ·

Wat is menseregte. Dis hoogtyd dat die hang in SA moet plaas vind mense moor net soos hul wil en gaan sit a paar jaar

Johann Marx ·

“Hang” behoort nie ‘n “straf” te wees wat in howe uitgespreek word nie….Ons konstitusie behoort die “reg tot lewe” te balanseer met die “reg om NIE te lewe NIE”, en jou keuse in hierdie verband word uitgewys deur jou gedrag teenoor jou medemens. As jy kies om te moor, kind te verkrag, dwelms te smokkel en gewapende aksies te pleeg behoort dit ‘n duidelike aanduiding vir die konstitusionele hof te wees jy verkies die “reg om NIE te lewe NIE”….en behoort ons jou NOG 5 demokratiese keuses te gee nl. galg, vuurpeleton, gaskamer, elektriese stoel of inspuiting. Dan het niemand jou “dood gestraf” nie…..jy het die uitkoms van jou lewe self gekies na aanleiding van jou gedrag en jou keuses. Waar is ons konstitusionele swaargewigte??

Will i am ·

Doodstraf,doodstraf,doodstraf bring terug die DOODSTRAF

Veritas ·

Die hoë misdaadsyfer in Suid-Afrika, word veroorsaak deur die afwesigheid van dissipline op skoolvlak. Skoolkinders van weleer se helde was sportsterre of filmsterre. Vandag is kriminele, veral in sekere gemeenskappe, die helde. Hoofsaaklik omdat hulle skynbaar altyd geld het. Hulle het die jeug se rolmodelle geword. Vandaar die toename in jeugmisdaad. ‘n Kind luister net as hy die straf, vir sy dade, aan sy bas voel. Vandag word jong misdadigers saam met hardebaard kriminele opgesluit. Wie kon vir ‘n beter leerskool gevra het? In meeste gevalle van nie-ernstige misdrywe, sou ‘n ordentlike pakslae die oortreder tot ander insigte gebring en die belastingbetaler geld gespaar het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.