Tweede verdagte vas oor Senekal-oproerigheid

Protes buite die Senekal-landdroshof (16 Oktober 2020) (Foto verskaf)

ʼn 33-jarige man van Senekal in die Vrystaat is Vrydagmiddag in hegtenis geneem in verband met openbare geweld op 6 Oktober buite die plaaslike landdroshof.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die man sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld, brandstigting, opsetlike saakbeskadiging en poging tot moord.

Maroela Media het vroeër berig woede het dié dag by die hof oorgekook toe Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa in die hof verskyn het in verband met die moord op die jong plaasbestuurder Brendin Horner (21). Honderde mense het na die hof opgeruk in ʼn spontane betoging teen landelike misdaad. ʼn Polisievoertuig is egter onder meer omgekeer en het begin brand. Skade is ook aan die hofgebou aangerig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cheryl ·

Die berig lees nie terrorisme nie maar aanklagte van openbare geweld en …poging tot moord (wat ek glad nie verstaan nie) tensy hy op iemand geskiet het. Soveel teenstellende berigte weet nie meer wat om te glo nie.

Jacobus ·

Wow die spoed en kragdadigheid. Sien, die nut van notas uitruil in die hof tussen Clulaas en Celeaas.

Persheks Adri ·

Ja Cele jy wil ons mos wys dat jy nog boere sal toe sluit! Dit was mos jou woorde gewees.

Wat gaan jy doen rondom die rooi petters gister huh? Hulle het ook skade aan gerig en KILL THE BOER gesing jou rassis! Niks word aan EFF gedoen oor die Clicks se terrorisme nie en boonop het hulle petrol bomme gegooi en BAIE skade aan gerig!

Maggies ·

Enige arrestasies al aangemeld vir dreigement soos “KILL THE BOER, KILL THE FARMER” of die afbreek van talle asbes vullishouers?
Of klippe en bakstene gooi? Dit is mos ook poging tot moord, terrorisme en aanhitsing. Of verstaan ek nie reg nie?

Jannie van Niekerk ·

Ek sal ook graag wil weet., Andre Gaum sê eerder die sang van “Kill the boer Kill the farmer is problematies.” Lyk my hy en die MRK het klaar die plaasmoordenaars se kant gekies.

Sarel ·

VF+ en DA vind asb uit hoekom niemand nog op Middelburg gearresteer is waar mense dood is nie.
Die Staztsaanklaer op Senekal is vreeslik optimisties. Dink hy gaan vir hom naam maak

Strandloper ·

Dit sal nou ongelukkig gebeur as mens deur voormaalige terroriste regeer word.

Leana ·

Ek verstaan nie waar kom die klagtes van poging tot moord vandaan vir die mense wat inhegtenis is vir die 6de se storie nie. Is dit nou ‘n standaard klagte wat toe gevoeg word as jy inhegtenis geneem word?

Renier johannes ·

Hulle mag die regering se plan om ons uit die land te kry .maar nuus vir hulle gaan nie werk nie ons net saam staan hulle bang vir ons

Werner ·

Nou wonder Ek wanneer word malema toegesluit vir gister se terrorisme

Louw ·

Ek weet nie , its is erens nie lekker nie….Die foto in die hof
het my alte veel aan Che Guevara laat dink..

Rentia ·

Waar is die inhegtenisneming van eff lede wat blankes openlik in die media as “target” aanwys, en mekaar aanhits? Waar is die inhhegtenisneming van eff vir opsetlike saakbeskadiging? Van poging tot moord deur boere met klippe te gooi?

Jorrie ·

Hulle is darem moedswillig om elke keer die mense op ‘n Vrydagmiddag te arresteer. Hulle maak dus seker hulle moet ten minste die naweek wag om in die hof te verskyn

JohanR ·

Sal daar ‘n geldinsameling begin word om die twee manne te hulp met hulle regs koste tensy iemand dit nie pro bono doen. ‘n Hof en ‘n advokaat kan ‘n duur storie wees. Die twee mans se families sit ook nou by die huis, en ons weet nie wat hulle omstandigede is nie. Hier is my R1000 om meer te begin….

Persheks Adri ·

Hulle vleg omtrent Scalla en NIKS word gedoen omtrent die rooi petters nie! Wil jy vir my sê hulle kon nie hoor wat buite aan gaan nie? Die polisie was daar en los hulle om KILL THE BOER te sing

Jannie van Niekerk ·

Ek kan nie verstaan waar die klag van “poging tot moord” inkom nie. Die ANC polisie het die 2 plaasmoordenaars met mag en mening beskerm, hoe kon daar ‘n poging tot moord wees? Ek dink eerder die hoë polsie offisiere wat betrokke is beskerm hulle 2 helde. Dan kan ek ook nie verstaan waarom die twee wit afrikanerboere in hegtenis geneem is om ” gemeenskapsopstand” te voorkom nie? Gemeenskapsopstand van die oorgewig rooi oorpakdraers? Wat van die EFF wat BAIE erger dinge doen ? Hoekom is die polisie nie bang vir “gemeenskapsopstand” as Malema en sy trawante op misdaadtogte gaan nie? Dit is optrede teen WITTES spesifiek as jy my vra.

Dries ·

Is daar in sulke detail gerapporteer deur die media ‘n maand gelede toe oproeriges winkels aan die brand gesteek het? Oor hoeveelste verdagte, waar en waarom? Ek sukkel om te onthou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.