Tweede verdagte vas vir byna R2 miljoen kontant by grenspos

Nicolas Fouche (Foto: Verskaf)

ʼn Man verskyn vandag in die Lephalale-landdroshof in Limpopo nadat hy en Nicolas Fouche (24) glo saamgesweer het om meer as R1,7 miljoen kontant oor ʼn grenspos na Botswana te smokkel.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die polisie het die man (52) met Fouche en die beweerde misdaad verbind nadat hy Fouche in aanhouding besoek het.

Maroela Media het vroeër berig Fouche is Woensdag by die Stockpoort-grenspos in hegtenis geneem nadat hy met dié reusebedrag geld die grens na Botswana wou oorsteek. Die geld was nie verklaar nie.

Owerhede by die grenspos het Fouche se huurmotor deursoek en toe op die sak vol banknote in die kattebak afgekom.

Fouche sal na verwagting op 15 Augustus sy tweede hofverskyning maak om formeel aansoek om borgtog te doen. Hy bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sê maar net ·

Hoop die geld is veilig gebêre nadat daar op dit beslag gelê is…..

Matt ·

Wat word in elk geval met geld gedoen nadat hy dalk gevonnis word??

Michael P ·

Se maar net. Goeie vraag ek dink daar is n hele paar note al klaar weg. Ou Cele was al lankal daar om sy stukkie van die pie te kry.

marco polo ·

As hy eerder dollars gehad het, het hy net een so n bondeltjie nodig gehad.

Emma ·

Hy moet net vir my se waar het hy so baie geld gemaak of gekry. Of het hy n draai by nkandla gemaak.

Ellisras ·

Dit is nou middag. Kan ons ‘n naam en ‘n foto kry, asb.

Dries du Toit ·

Sy geld is sy geld. Maar hy moet verklaar sodat die regering ook daarin kan deel

Dries du Toit ·

Hy wou seker net n kort vakansie’tjie in Botswana gaan hou. Dit is maar net sy drankgeld gewees

Ellisras ·

Die moes klaar in hof gewees het. Kan ons nou ‘n naam en foto kry asb.

Riaan ·

Die Rand se bene wankel, Botswana het ‘n oop Bankstelsel ( Jy kan jou geld skuif na enige land). Ek sou liewers oor die rivier gestap het. Waarom moet jy verklaar aan die mense wat die Rand verswak en blink motors koop?

Grobler Steyn ·

Die nuwe mej SA het iets hiermee te doen,!!!!!!wel as jy dit glo sal jy ook glo dat sy die mooiste in ons rep is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.