Tweede verdagte vas vir Winnie Rust-moord

Die huis waarin Rust vermoor is. Foto: Facebook

Die huis waarin Rust vermoor is. Foto: Facebook

ʼn Tweede verdagte is Sondagaand in Montagu in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die moord op die bekende skrywer, Winnie Rust (77).

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 34-jarige verdagte sal in die Wellington-landdroshof verskyn, sodra hy amptelik aangekla is.

Rust se liggaam is Woensdagmiddag deur haar man, dr. Manie Rust (84), in hul huis in Wellington gevind. Haar hande en voete was vasgebind en sy het beserings aan haar gesig gehad.

ʼn 18-jarige verdagte is oor die naweek in verband met die moord in hegtenis geneem. Die polisie het vroeër gesê verskeie items is in die verdagte se besit gevind wat hom met die moord verbind. Hy sal vandag in die Wellington-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scalla ·

Laat die verdagtes praat, daar is verskeie maniere , gewoonlik is dit nie net een nie maar n paar lafaards wat weerlose mense teiken, Sterkte aan die familie en mag geregtigheid geskied.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.