Die polisie in die Wes-Kaap het Maandag gesê hulle het ʼn tweede verdagte in hegtenis geneem ná ʼn drankwinkel in Langa geplunder is. Ontplooiing in die informele nedersetting is verskerp.
Die drankwinkel by die Shoprite-supermark in Langa is Sondag geplunder. Diewe het bokse drank gebuit. Daar is ʼn verbod geplaas op die verkope van alkohol tydens die algehele landwye afsondering van 21 dae. Die afsonderingsperiode het op 27 Maart in werking getree om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.
“ʼn 48-jarige man is Sondagaand in hegtenis geneem ná ʼn 33-jarige vrou vroeër in Gugulethu aangekeer is,” het Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê. Nog inhegtenisnemings word verwag.
Die twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van inbraak en diefstal. “Die ondersoek duur voort. Nog inhegtenisnemings sal na verwagting binnekort volg.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Dis reg!! Sluit toe!! Dit was skokkend om te sien hoe hul die winkel plunder.
En dit gaan al hoe meer gebeur. Laat die mense toe om hulle daaglikse kwota te koop dan gaan daar nie moeilikheid wees nie. Meer gaan ek nie sê nie, of mag ek nie sê nie.
Is die foto van ons SAPD? Is daar die “bandana” deel van hul uniform?
Gaan plunder hul huise of plakkers hutte en kyk wat doen hulle dan . Gespuis!
Net 2 gevang wat van die hordes wat daar betrokke was??