Tweede vloed tref Klein-Kariba-oord

Vloede by Klein-Kariba-vakansieoord

Vloede by Klein-Kariba-vakansieoord

ʼn Tweede vloed het die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord in Bela-Bela Donderdag getref.

Wim de Wet, oordbestuurder, het aan Maroela Media bevestig daar is ongeveer 20 – 30 vroue wat tans vasgekeer is, omdat hulle nie deur die water kan kom nie. “Niemand is in gevaar nie en daar is geen beserings aangemeld nie,” het De Wet gesê.

“Alle damme by die oord staan nog, maar ongeveer dubbel die hoeveelheid water wat Vrydag hier deurgestroom het, is vandag hier deur,” het hy bygevoeg.

Hulle het intussen ʼn toubrug installeer en van die mans kon daarvan gebruik maak.

Die assessore wat die skadebepaling moes doen ná Vrydag se oorstroming was op die oord besig toe die water deurgestroom het. Een van die assessore se motors is nog aan die ander kant van die water.

De Wet het gesê polisiehelikopters sal die mense na veiligheid bring.

Lees ook:
Klein-Kariba: Vrou steeds vermis; oord gesluit met miljoene rand se skade
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde vrou word steeds vermis
Video: Vloedwater by Klein-Kariba-oord
Klein-Kariba-vloed: Bejaarde se liggaam gevind
Foto’s: Twee bejaardes vermis ná vloed by Klein-Kariba

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.