Tweede walviskarkas verwyder

Die boggelrugwalvis wat by Kommetjie in Kaapstad gestrand het Foto: @ivanker, Twitter

Die boggelrugwalvis wat op Kersdag 2015 by Kommetjie in Kaapstad gestrand het Foto: @ivanker, Twitter

Die karkas van ʼn nege meter lange boggelrugwalvis wat by Kommetjie in Kaapstad gestrand het, is Saterdagmiddag verwyder.

Die karkas is na die Vissershok-stortingsterrein geneem.

Die walvis het op Kersdag gestrand. Dit is die tweede boggelrugkarkas wat vandeesweek op die Kaapse Skiereiland gestrand het. Maroela Media het vroeër berig ʼn vroulike boggelrugwalvis wat by Strand naby Somerset-Wes gestrand het, se 25 ton karkas is Donderdag verwyder. Beamptes moes die dier opsny om dit na die stortingsterrein te neem.

Swemmers en branderplankryers word versoek om op die uitkyk te wees vir haaie in die omgewing van Kommetjie en Strand, aangesien bloed van die karkasse moontlik nog in die omgewing kan wees.

Lees alle vorige berigte oor die walvisse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.