Tweede wildtuin-olifant vir sy tande gestroop

Olifante in die wildtuin Foto: Marianne Styan

Olifante in die wildtuin Foto: Marianne Styan

Die Kruger-wildtuin het Donderdag gesê ʼn tweede olifant is in die Pafuri-streek van die wildtuin vir sy tande gestroop.

“Die olifant se karkas is Woensdag in Pafuri, 10 km van die Mosambiekse en Zimbabwiese grens opgespoor,” het Martina Polley, woordvoerder van die Kruger-wildtuin, in ʼn verklaring gesê. Die karkas was al twee dae oud en die tande is afgesaag.

Geen verdere besonderhede oor die olifant se geslag of ouderdom is bekend gemaak nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ʼn Olifantbul is in Mei in dieselfde streek doodgeskiet en sy tande afgesaag.

“Olifantstropery vind nou al ʼn geruime tyd in Mosambiek en Zimbabwe plaas, en ons het verwag dat dit een of ander tyd hier by ons sal gebeur,” het William Mabasa, woordvoerder vir SANParke, gesê. Hy het gesê Pafuri is weerloos vir stropers, weens die ligging van dié streek. “Die streek word geteiken deur sindikate wat oorkant die Mosambiekse en Zimbabwiese grens werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerda Stols ·

Eers die renosters!!!!! Nou die Olifante!!!!!! Wats volgende????????

SNEL ·

Renosters, paaie, water, munisipaliteite……nou olifante, niks gaan oorbly van Suid Afrikaans nie, want díe wat in beheer is doen niks. Dis hartseer, die eens pragtige land val uitmekaar uit.

EMK ·

@Gerda Stols – volgende is leeus, glo my. Die mal oosterlinge maak mos “wyn” van die bene so, soos hulle sê “watch this space”. Maak my siek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.