Tweejarige baie erg aangerand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in Beaufort-Wes in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo sy meisie se tweejarige seuntjie baie erg aangerand het.

“Die 28-jarige man is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn plaaslike gemeenskapsradiostasie hulp van die gemeenskap versoek het om hom op te spoor,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.

Die man het Donderdag glo die vrou en haar kind in Khanyastraat, Mandela-plein aangehou. “Die vrou kon omstreeks 14:45 ontsnap,” het Pojie gesê. “Die vrou het gesê die verdagte het haar seuntjie in die gesig geklap en geskop en sy voete met kookwater gebrand. Hy het ook ʼn sementblok op sy bors neergesit en sy voete daarop gestamp. Hy het die seuntjie ook gedwing om sy eie ontlasting te eet.”

Mense buite die huis kon die ma hoor skree en een van hulle het ʼn venster gebreek om toegang tot die huis te bekom. Die seuntjie is gered en die man het van die toneel gevlug.

Die kind is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal gehaas en dadelik na George-hospitaal oorgeplaas weens die erns van sy beserings. “Die seuntjie moes ʼn noodoperasie ondergaan en toon bevredigende vordering, maar hy is steeds in ʼn ernstige toestand,” het Pojie bygevoeg.

Die man sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Lorayne

Verwys jy na ‘n taalfout in die berig? Ons wysig dit graag as jy ons daarop kan wys?

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Grassie ·

Ek hoop hierdie vreksel gaan vir baie, baie jare in die tronk sit. Hy hoort nie in die gemeenskap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.