Tweejarige by hospitaal agtergelaat

Die tweejarige seuntjie. Foto: SAPD

Die tweejarige seuntjie. Foto: SAPD

Die polisie in die Wes-Kaap het die publiek vir hulp gevra om die ouers van ʼn tweejarige seun, wat by die Tygerberg-hospitaal agtergelaat is, op te spoor.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn vrou het die seuntjie Saterdag by veiligheidswagte voor die hospitaal afgelaai. “Sy het gesê sy het die seuntjie in ʼn parkeerarea gevind, maar nie gesê watter een nie.”

Volgens Rwexana kan die seun nie kommunikeer nie. “Ons doen ʼn beroep mense wat kan help om die seun se ouers op te spoor om die ondersoekbeampte, ao. Petersen, te kontak by 021 592 7092.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Hoe kan n Ma so iets doen. maak nie saak hóé erg die omstandighede is. n Mens kan Altyd jou kind na
n plek neem van veiligheid.

Candice ·

Wel almal se altyd hoekom los hulle nie hulle kinders by die polisie of iets nie darem en gelukkig het sy hom nie alleen in n huis gelos, in n veld of self dood gemaak nie. Maar nogsteeda baie baie hartseer want daai arme ou seuntjie het nie gevra om hier te wees nie. Ai my hart breek vir daai ou klein mensie?

Baie hartseer ·

Dit is regtig hartseer! Hoe gooi jy so n mooi kindjie net oor in sy eie genade,verder ken ek soveel kinderloses!!!!!!

Cindy ·

Ai dit breek my hart, as ma sal ek seker nooit maar nooit kan verstaan hoe n ma n kind net so weggooi of aflaai nie. Maar darem het sy hom af gelaai by n veilige plek waar mense is en nie net langs die pad of veld af gelaai nie. Ek bid hard dat hierdie seuntjie deur wonderlike mense aangeneem sal word en die toekoms sal kry wat hy verdien.

Gesiggie ·

Ag hoe hartseer, die arm kind, hoekom het die veiligheidswagte nie die vrou wat hom afgelaai het se besonderhede gevat? n mens kan mons nie net n kind so los”’ seker maar self die kind se eie Ma wat hom nie meer kan versorg…. hoop dat hul gou in kontak sal kom met wie ook al die kind se ouers is? ” hy verdien nie om so n lewe te lei…

m ·

Sjoe hoe doen mens so iets. Maar nou ja van party mense kan jy seker enigeiets verwag…. Absoluut gewetenloos.

Willie ·

Dis darem maar harteloos, wat gaan deur die kind se kop… soek na die ma…. Moet omstandighede wees wat iemand soontoe dryf… Net bly die kind is by n veilige plek afgelaai…

wes kaap ·

Ek sal hom met die grootste liefde vat!!! Hy het nie gevra om hier te wees nie!!! Op daardie bitter klein ouderdom is hy so afhanklik van sy mamma, dis BAIE hartseer!!! Ek glo my 23jarige seun sal hom baie bederf!!!!!

SeNet ·

Wat ‘n jammerte dat daar soveel ellendige dinge in die samelewing gebeur ! Maar ek hou my maar daaruit – “the road to hell is paved with good intentions”, daardie kind, nes enige kind van daardie ouderdom is altyd weerloos en mens vergeet hulle gaan nie so bly nie – hulle word ook groot…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.