Tweejarige dood, ses beseer in ongeluk

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

ʼn Tweejarige meisie is dood en ses mense beseer nadat die motor waarin hulle gery, omgeslaan en verskeie kere gerol het op die R614 naby Wartburg in KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die motor is erg beskadig tydens Sondagmiddag se ongeluk. Meiring het gesê sewe pasiënte het om die wrak gelê met paramedici se aankoms op die toneel.

Paramedici het onmiddellik behandeling op ʼn tweejarige meisie toegepas. Daar was egter niks wat hulle vir haar kon doen nie en sy is op die toneel dood verklaar. Die ses ander pasiënte het ligte tot matige beserings opgedoen.

Hulle is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Madelein ·

Hoe op dees aarde kan hulle 7 passasiers vervoer? Dis mos vir moeilikheid soek en onwettig. As almal net by die wette wil begin hou, sal ons nie van sulke goed hoef te lees nie.

Uys ·

Maar wag, skuif op ons kan nog oplaai in die kar. Daar is net 5 sitplekke maar kom skuif op.
Die eienaar of bestuurder moet vervolg word vir moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.