Tweejarige glo deur haar pa vermoor

Argieffoto (Foto: Pixabay)

ʼn Tweejarige meisie van Bleskop Mine Club buite Rustenburg is Maandagoggend in die vroeë oggendure glo deur haar pa vermoor.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het in die oggend wakker geword en skielik geskree dat daar mense is wat hulle aanval. “Toe sy vrou begin vrae vra, is sy aangerand. Sy het met hul sesjarige seun uit die huis gevlug en die pa het homself saam met hul tweejarige dogtertjie in die huis toegesluit,” het Mokgwabone verduidelik. Hy het daarna ook van hul eiendom beskadig.

“Die polisie en ʼn onderhandelaar is na die toneel ontbied, maar die gewelddadige verdagte wou nie sy samewerking gee nie. Die man, klaarblyklik sielkundig versteurd, is uiteindelik deur beamptes in hegtenis geneem. Hy is aan paramedici oorgegee sodat hulle hom kon verdoof.”

Die tweejarige se liggaam is later in die huis aangetref met verskeie meswonde.

“Die verdagte is tans onder polisiebewaking by Job Shimankana Tabane-hospitaal waar hy opgeneem is. Hy sal na verwagting binnekort in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries ·

Sjoe…. hierdie klink vreemd, sal seker nog die hele storie hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.