Tweejarige glo met ouma se vuurwapen geskiet

geweerDie tweejarige seuntjie van KwaZulu-Natal wat in ʼn kritieke toestand in die hospitaal lê, is glo met sy ouma se vuurwapen geskiet.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die skietery het Donderdagaand omstreeks 19:45 by die ouma se huis in die Mabheleni informele nedersetting, noord van Margate, plaasgevind.

“Die ouma beweer sy het by die huis gekom en haar handsak op haar bed neergesit,” het Zwane gesê. “Die vuurwapen was in die handsak gewees. Sy het die badkamer  besoek en ʼn skoot gehoor.”

Volgens Zwane het sy na die kamer gehaas waar sy haar sesjarige kleinkind met die vuurwapen in sy hande aangetref het. Haar tweejarige kleinkind het in ʼn plas bloed op die grond gelê.

Die polisie ondersoek die voorval.

Lees ook:
Tweejarige in Margate geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.