Tweejarige huilend by ma se lyk gevind

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn 28-jarige Vrystaatse man sal Dinsdag in die hof verskyn nadat hy na bewering sy vriendin met ʼn ysterstaaf en houtpaal doodgeslaan het.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie het Maandag ʼn oproep ontvang van ʼn anonieme persoon oor ʼn voorval van huishoudelike geweld op ʼn plaas naby Smithfield. Die polisie het kort daarna by die plaas opgedaag en die 32-jarige vrou se bebloede liggaam in die huis gevind.

“Die vrou se tweejarige seun het bo-op sy ma se liggaam gelê, haar vasgehou en histeries gehuil,” het Ngcukana gesê. “Die vrou het ʼn oop wond aan haar gesig gehad en haar gesig was erg geswel.”

Die polisie het die man, wat ʼn werker op die plaas is, elders op die plaas aangetref en ondervra. Volgens Ngcukana het hy erken dat hy en sy vriendin in ’n rusie betrokke was, maar was glo verbaas om te hoor sy is dood. Hy het ontken dat hy haar aangerand het. Daar was egter bloedspatsels aan sy klere.

Die man is in hegtenis geneem en aangekla van moord. Die kleuter is na ʼn hospitaal geneem as voorsorgmaatreël. Ngcukana kon nie bevestig of die kleuter intussen in familie se sorg geplaas is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

tamboti ·

Geen vorm van vrees vir gesag is meer teenwoordig in SA, Baie geluk aan menseregte ondersteuners – julle bewerk julle eie ondergang, en ook die van ander onskuldiges.

Dee ·

Dit is nie ‘n geval van geen vrees vir gesag nie. Dan sy hy nie gelieg en himself verontskuldig het nie. Dit is barbarisme sonder enige menslikheid – sonder enige emosies – sonder enige gevoel. Dit is soos ‘n krokodil wat klein krokodille hap en vreet en dan bloot verder swem en kyk wat daar nog is wat kleiner is as hy. Gevoelloos. emosieloos, genadeloos.

Xa ·

Ja, sogenaamde menseregte is nou so verdraai dat die reg aan die kant is van die wat ander daarvan ontneem.

Veritas ·

Menseregte sonder mense-verantwoordelikheid is ‘n onding. Sodra iemand ‘n ander se lewe neem, behoort hy/sy van sy/haar menseregte ontneem te word.

m ·

Danksy die regering is die doodstaf weggevat so hierdie tipe dade sal gebeur want daar is geen afskrikmiddel vir misdadigers mee nie. Die man gaan nou lekker op belastingbetalers se geld in die tronk aangehou word. Hy gaan lekker eet en rustig leef so hoekom worry hy.

des nigrini ·

Wat sal hierdie mense regte onmdersteuners doen as hulle eie ma, pa, broer, suster, kind of enige familielid van hulle wreed gemartel en dood gemaak word . Sal hulle dan nog so opkom vir die beskuldigdes. Ek se bring terug die doodstraf en ontneem beskuldigdes ook van hulle regte as hulle toe gesluit word. Bring harde arbeid en lyfstraf weer terug dan sal daar minder moorde en misdrywe gepleeg word. Wat van die slagoffer se mense regte?

Theresa B ·

Die arme kind. Klaar “geskend” vir die res van sy lewetjie. Hoe wreed en gevoelloos is die mensdom net nie. Die Here moet ons net help.

Willie ·

Regtig tragies! Die stand van sake is skande, dis regtig die wilde weste met soveel mense regte vir die kwaad doenners! Die arme kind, om so getraumatiseer te word, en boonop as die ma alleen is, nou n wesie te wees.. Die moordenaar het nou natuurlik meer regte as die arme kind…

Ruby ·

Liewe hemel!

Die prentjie van die kleintjie wat op sy ma lê en histeries huil is uiters onstellend om die minste te sê! :-(

Jammer mensie, mag ‘n mooi lewe vir jou voorlê.

Peet J ·

Hierdie afgryslike moorde wat op indiwidue uitgevoer word kan heelwaarskynlik aan totemisme m.a.w. iets wat in die totemisme ‘n aanhang vind toegeskryf word. Ek voel baie jammer vir die kind wat sy ma verloor het. Ek kan die prentjie in my geestesoog sien hoe hy probeer om met haar te kommunikeer.

Se maar net ·

Ek het self ‘n twee jarige seuntjie en as ek en my man ( sy pa ) mekaar speel speel slaan of seermaak, tree hy dadelik tussen in en se vir sy pa hy is stout, hy moet my uitlos. Hierdie afgelope naweek het my seuntjie in sy kamer gespeel en my man het my geslaan ( speels natuurlik ) en ek het eina gese. Die woord was skaars uit my mond, toe is my seuntjie weer daar en raas met sy pa, want hy wil my beskerm. Ek kan myself nie indink waardeur daardie arme seuntjie moes gaan toe hy sy ma so sien le met die wond in haar gesig nie en sy word nie wakker nie. Mag hierdie kind se lewe vorentoe vol seeninge wees en mag die Here hom aanraak sodat hierdie monster nie die mag sal he oor die kind se lewe wat hy gehad het oor die ma se lewe nie. Liefiekind, hierdie tannie bid baie hard vir jou – jy het reeds meer deurgemaak as wat baie van ons deurgemaak het. En vir jou, monster – jou dag sal kom. Ons almal weet jy gaan ‘n vryman uit die tronk stap, maar jou dag sal kom – dis die een ding wat verseker is !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.