Tweejarige in Belhar doodgeskiet

(Foto: pixabay)

ʼn Tweejarige seuntjie is dood nadat hy Maandagaand in Belhar doodgeskiet is in ʼn voorval wat vermoedelik met bendegeweld verband hou.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die Belhar-polisie het ʼn klagte van ʼn skietery by die adres ontvang. Met die polisie se aankoms op die toneel, is die seuntjie reeds na ʼn brandweerstasie vir mediese hulp geneem.

“Die slagoffer het ʼn skietwond aan die gesig opgedoen. Nooddienswerkers het hom dood verklaar,” sê Van Wyk.

Die omstandighede van die voorval word ondersoek en ʼn saak van moord is aanhangig gemaak.

“Die motief vir die skietery is vermoedelik bendeverwant.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.