Tweejarige in hospitaal ná pa haar glo met belt aanrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 21-jarige man het Woensdag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn nadat hy na bewering sy tweejarige dogter so erg aangerand het dat sy in ʼn hospitaal opgeneem moes word.

Kapt. Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die man van Brandwag het Vrydag sy dogtertjie in die straat sien speel en na sy huis geneem. Die dogtertjie se pa en 19-jarige ma bly in verskillende huise in omgewing.

“Die dogtertjie het haar pa se huis verlaat en na haar ma se huis gestap. Die pa het haar gaan haal en teruggeneem na sy huis, waar hy haar met ʼn belt aangerand het,” het Steyn gesê.

Volgens Steyn was die ma en dogter Saterdag by die man se huis toe die pa die dogtertjie weer  geslaan het omdat sy glo nie met hom wou praat nie.

“Die ma het tussenbeide probeer tree en is ook met die belt in haar gesig geslaan.”

Die kind moes ná die voorval in ʼn hospitaal in Mosselbaai opgeneem word. Sy is in ʼn stabiele toestand.

Die man is Sondag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en gewone aanranding.

Die verdagte se naam word weerhou om die identiteit van die kind te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

anon ·

ek sal so man hard klap arme kind wie te duiwel slaan n kind van 2 jaar met n melt nie eers ek wetter my seun van 3 jaar nie

Tania ·

Ek stem saam dat hy gemors is. Maar nie saam oor jou 2de stelling nie….

Dave ·

Die aanrander ‘se naam word weerhou om die edentiteit van die kind te beskerm’.
Ja nê! Wat sê julle daarvan! Sy edentiteit behoort weerhou te word ten einde homself te beskerm. Identiteit van die 2 jarige kind te beskerm ggmmff! Arme weerlose kind. Sy gaan verseker steeds nie met hom praat nie. Hy kort reggesien te word met ‘n belt.

Piet Snot ·

Dit sou ideaal wees indien iemand die man kon leer hoe om die situasie te hanteer.
Hy gaan die vlg 16 jr vir haar verantwoordelik wees, en indien hy nie beter geleer word nie, gaan dit weer gebeur.
Jammer die maatskaplike werkers is so oorwerk, hulle het nie tyd vir sulke detail nie.

Liefdeskind ·

Aangerand? Ek dink hulle oordryf dalk. Sulke opskrifte ontlok mos skok. ‘n Pakslae is reg op sy tyd. Indien daar iets met haar gebeur het tydens haar rondloop in die strate, wie se skuld sou dit wees? Seker ook die pa, want dan was hy nalatig. Kan seker nie wen nie….

Lise ·

Liefdeskind, om ‘n tweejarige kind met ‘n belt te slaan is aanranding, ja! En boonop die ma in die gesig met belt te slaan is ook aanranding! Dit is hoekom jongmense, eintlik kinders van 19 en 21, nie al behoort kinders te hê nie. Arme dogtertjie!! Watse toekoms lê vir jou voor?

Antoinette venter ·

‘Liefdeskind’ – As jy dink dis reg om n 2 jarige kind met n belt te slaan hoort jy self agter tralies. Daars n groot verskil tussen n kind tug en aanrand. Maar met so skuilnaam blyk dit duidelik jou intelligensie laat veel te wense oor. Ook n 2 jarige kind loop nie ‘in die strate’ rond nie – sy wou bloot seker vlug uit n onuithoudbare situasie.

shantelle ·

Ek sal daai laaitie so hard slaan hy sal nie weet of hy kom of gaan nie.Ek is so onsteld hier waar ek sit.Hoe kan jy n kind wat nog so klein is aanrand ek slaan nie eers my kids nie.Wens hy bly in die tronk vir Ewig

HEVW ·

Is lyfband nie beter Afrikaans as belt wat n anglisisme is nie? Of is dit al aanvaar as Afrikaans?

Se Maar Net ·

Daar is ‘n helse verskil tussen ‘n pakslae en verdomde aanranding!! Liefdeskind die dogtertjie is beslis aangerand!!!

Asseblief ·

Liefdedkind!!!?????? Is jy nou ernstig!!!???? Pakslae??? Het jy mooi gelees sy is in die hospitaal oogeneem????? Nou het jy ook bo en behalwe die berig my bloed aant kook :\

Se net ·

Ek lees nou al die kommentaar.Nie almal wat soos party nou se kinders wat kinders kry is so nie.Ek was 16 toe ek my dogter gehad het en glo my sy is vandag n mooi jong dame.En liefdes kind n kind wat pak kry vir die regte redes is n ander saak hy het daai kleintjie aan gerand en toe die ma wou help haar ook geslaan ek hoop hy kry wat hom toekom

Stephanie ·

Tragies dat daar letsels gelos is wat nooit sal weggaan nie. Arme kind! Hoe kan n twee jarige kind in die pad speel? Myne van 10 en 16 het nog nooit in die pad gespeel nie?

Stephanie ·

Tragies dat daar letsels gelos is wat nooit sal weggaan nie. Arme kind! Hoe kan n twee jarige kind in die pad speel? Myne van 10 en 16 het nog nooit in die pad gespeel nie?

Weezie ·

Liefdes kind????????????? het jy dalk jou kop gestamp, of was jy ook met n belt aangerand? natuurlik is dit die ouer se skuld as n kind van 2 alleen in die straat loop, jy hou mos jou deur toe as jy n besige bytjie in die huis het. n pak is reg op sy tyd, maar n baba van 2 met n belt bykom is aanranding. Maar dis seker een van daai mans wat kind hospitaal toe kan slaan, maar as hy voor n man staan dan hardloop hy stert tussen die bene polisie toe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.