Tweejarige in ouerhuis doodgeskiet

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Tweejarige dogtertjie is Dinsdagaand in haar ouerhuis doodgeskiet nadat ʼn onbekende aantal verdagtes op haar en haar ouers losgebrand het.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in ʼn informele nedersetting naby Wepener in die Vrystaat plaasgevind.

“ʼn Onbekende aantal verdagtes het van buite op die gesin se plakkershut losgebrand en die dogtertjie, wat op haar ma se rug vasgemaak was, is in die kop geskiet. Die ma is in die bors en arms getref en die pa is in die arm gewond. Agt patroondoppies is op die toneel gevind.”

Volgens Ngcukana is die dogtertjie op die toneel dood verklaar terwyl haar ouers na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem is vir behandeling.

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KarooKlong ·

Absoluut onnodig. Soos alle ander moorde en moorddadige aanvalle.

Karma ·

Nee wat, Cindy, ek het maar min (geen) simpatie. Ja, dis jammer dat die ou babatjie dood is, maar die res? Nee wat ….. hulle doen net wat hulle nog al die jare gedoen het ….. moor. Los hulle, gee hulself genoeg tou, laat hulle mekaar uitmoor en een van die dae is ons land weer in die regte mense se hande.

Theresa B ·

Dis walglik. Ek word sommer naar vir hierdie tipe opredes. Wens hierdie spul se oë wil oopgaan maar geweld is mos altyd die beste manier om hul ego’s te streel.

Jeanne ·

Dis skokkend, maar niks gaan gebeur nie, ‘n kind se lewe in SA Is niks werd nie, of hy geskiet of gemartel word, die regstelsel in SA STEL TELEUR. Kyk ouers wat hulle kinders vermoor, kry ‘n ligte houtjie op die hand, of ouers wat kinders molesteer kom skotvry daarvan af en more het hulle weer ‘n bloedjie wat gemartel word tot die dood toe. Dis ‘n absolute onreg wat ons in SA aan ons kinders doen. Hulle lewens is NIKS werd nie .. want hulle kan nie praat nie, kamstig is dit altyd ‘n ‘ongeluk’ .. my hart bloei vir ALLE kinders in SA.

Theresa ·

Wanneer die skuldiges gevind en skuldig bevind is soos dit hoort – moet hul bloot aan die familie en vriende daar in die gemeenskap gegee word vir vergelding. Mense sal hopelik op so ‘n manier van doen begin leer om UIT ANDER SE HUISE TE BLY.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.