Tweejarige kritiek ná hy byna verdrink in swembad

Die helikopter waarmee die seun na die hospitaal geneem is. Foto: Verskaf

Die helikopter waarmee die seun na die hospitaal geneem is. Foto: Verskaf

ʼn Tweejarige seun is in ʼn kritieke toestand in ʼn Johannesburgse hospitaal nadat hy Vrydag byna in ʼn swembad by ʼn huis in Kempton Park verdrink het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 11:57 na die huis in Bonaeropark ontbied.

“Die kind was reeds uit die swembad gehaal toe paramedici by die toneel opgedaag het en iemand was besig om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas,” het sy gesê.

Paramedici het by die persoon oorgeneem en daarmee volgehou totdat hy op die behandeling reageer het. Hy is op ʼn ventilator geplaas en met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

‘n Kind en ‘n swembad/visdam wil net nie akkordeer sonder ononderbroke toesig.
Moet NOOIT aanvaar die kind is onder toesig van ‘n ander, maak SEKER.
Leer ook die kleintjies so gou as moontlik om te swem of te dryf.
Waar is die kundiges wat eerstehands weet van hierdie dinge?
Sterkte aan die ouers.
En ons ander? Laat ons hieruit ‘n les leer.

CHRISTA ·

Wat wil mense met swembaddens maak as hulle dit nie eers kan beveilig vir hulle kinders nie? Is swem vir hulle belangriker as hulle kinders se veiligheid?

Nina ·

Regtig? Ek wil amper lag, as dit nie so hartseer was nie.

Sterkte aan die ouers en familie! Ek weet dis ‘n absolute nagmerrie ondervinding vir elkeen van julle. Mag jul kindjie ongedeerd anderkant uitkom…x

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.