Tweejarige skok by huis dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweejarige seuntjie is Woensdagmiddag op ʼn erf in die suide van Johannesburg doodgeskok.

Volgens Russel Meiring van ER24 het die voorval by ʼn huis in Uitbereiding 17 van die Precast-informele nedersetting in Lenasia plaasgevind.

“Die kind het na bewering met ontblote kragdrade gespeel wat hom doodgeskok het,” het Meiring gesê.

Paramedici van ER24 het by die huis opgedaag en by lede van die provinsiale nooddienste, wat besig was om noodhulp toe te pas, oorgeneem.

“Paramedici het vir nagenoeg 30 minute vergeefs probeer om kind se lewe te red. Ongelukkig het hy geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie was op die toneel om die voorval verder te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leonie ·

Ek wens net die mense wil verdomp leer hoe gevaarlik dit is as daar oop kragdrade is. Veral met kinders wat buite speel. As almal ook begin betaal vir krag en nie skelm is en dit steel nie (ek sê nie dis waar die oop drade vandaan kom nie) dan sal daar minder arme kinders wees wat doodgaan as gevolg van skok. Rus in Vrede kleine seuntjie en sterkte aan die ouers.

liza ·

Nee regtig hoe is dit moontlik dat grootmense nie kan kyk dat daar nie sulke ontblote kragdrade is nie, waar is die oppasser, ouers . Ek verstaan nie hierdie ding nie. Rus sag kleine seuntjie… daarbo by Liewe Jesus is nie sulke gevare nie.

Verwonderd ·

Is dit nie nog ‘n geval waar mense basiese dienste soek en onwillig is om daarvoor te betaal nie? Gewillig om soos “vry” mense leef, maar onwillig is om vir “bevryde” dienste te betaal? Net jammer dat ‘n onskuldige lewe vir sulke narsissisme moet in boet…

Maria ·

Bêre 084124 op jou foon vir die beste en vinnigste hulp ooit.

Buitestander ·

Lyk na onwettige aansluitings.
Jammer net hulle het nie kinders gewaarsku nie. Nou betaal die kind die prys.

Bekommerd ·

Dit is beslis onwettige aansluitings. Kyk net ‘n bietjie hoeveel drade is d. m. v mikstokke oor die N12 in daardie omgewing gespan. Ek dog Eskom het ‘n veldtog aan die gang om onwettige konneksies uit te roei. Waar is onwettige konneksies meer sigbaar as juis daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.