Tweejarige sterf in botsing

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Tweejarige seuntjie is dood en vier mense beseer nadat hul motor Woensdag teen ʼn versperring langs die N3-snelweg naby Ladysmith in KwaZulu-Natal gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die seun en vier volwassenes was in die voertuig toe die botsing omstreeks 10:30 naby die Tugelarivier plaasgevind het.

“Die motor is op sy kant langs die pad aangetref toe paramedici by die toneel opdaag. Al vyf passasiers was buite die voertuig,” het Meiring gesê.

Die seuntjie was in ʼn kritieke toestand, terwyl die volwassenes slegs geringe beserings opgedoen het.

“Hulle is op die toneel behandel en na die La Verna-hospitaal geneem. Die seun is ongelukkig met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.