Tweejarige sterf in ongeluk buite Graaff-Reinet

(Argieffoto: @WCHEMS/Twitter)

ʼn Tweejarige seuntjie is Vrydagoggend dood in ʼn ongeluk op die N9 net buite Graaff-Reinet in die Oos-Kaap.

Die ongeluk het kort na 03:00 Vrydag op die pad tussen Aberdeen en Graaff-Reinet gebeur, het Charles Bramwell, woordvoerder van die Oos-Kaapse departement van vervoer, gesê.

Hy het gesê ʼn gesin het van die Wes-Kaap na die Oos-Kaap gereis toe die bestuurder vir ʼn koedoe uitgeswenk en beheer oor die Volkswagen Polo verloor het.

Die peuter is op die ongelukstoneel dood, terwyl sy ouers na die Midlands-hospitaal vir behandeling geneem is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

PJN ·

Wat se strafbare manslag?? Dit was ‘n ongeluk!!! Nie ‘n plaasmoord nie!! Sal mens met opset ‘n ongeluk maak waarin jy jou kind verloor. Sterkte aan die familie in die donker tyd mag julle vertroosting en berusting vind by ons Hemelse Vader.

Lolla ·

Ai tog PJN dit is standaard prosedure om die saak af te handel. Dit was nog altyd so in die SAPD. Gaan werk vir ‘n rukkie by die SAPD dan sal sulke goed vir jou begin sin maak.

Asb ·

Wild op, oor of net naby paaie baie dodelik gevaarlik. Fluitjie vir wild moet miskien deel van standaard wees. Hemel Vader hou die seer mense styf teen U asb.

* ·

R.I.V Liefie kind… sterkte aan die familie… Strafbare manslag???? Genade die ouers het klaar soveel hartseer… wie gaan ondersoek word, die Koedoe???? Maar net gewonder????

Staan saam ·

Ek kan nie glo dat hier nog mense is wat nie weet strafbare mansslag is al 100 jaar van toepassing op ongelukke waarin iemand dood is nie, maak nie saak dat dit per ongeluk deur wie of wat veroorsaak is nie. Dis die wet. Lees bietjie op oor die goed.

Trish ·

Ook daai pad in Desember 2017 gery – baie wild daai tyd van die oggend gekry – ook een wat in die middle van die baan gele het wat dood gery was – daai pad is n nagmerrie en moet eintlik somehow n heining kry waar daar baie wild is

Ai toggir ·

Al wat ek kan dink hoekom hulle die saak ondersoek is om vas te stel of die kleintjie dalk vas gemaak was in n stoeltjie. Dit is wet om n kind vas te maak so dit kna dalk die reder wees. Ai maak my hart so seer om so ou klein lewetjie aan die dood te moet af staan. Sterkte aan die ouers in die tyd.

Mariaan ·

Ai hoe hartseer…ons ry gladnie meer in die donker op hierdie paaie nie..jou lewe is van alle kante af in gevaar…selfs in die dag moet mens BAIE versigtig wees…sterkte aan hierdie arme mense

Thomas ·

Yip. Een oggend net na 2h00, ek wawyd wakker en versigtig, op daai pad, was daar ‘n donkie in die pad. Hoofligte aan. Van nêrens. Weet nog steeds nie hoe ek hom gemis het nie, maar die aankomende kar het hom getref. Daar staan ons in die veld met ‘n getraumiseerde familie en wag vir ‘n ambulans. Lang storie om net te sê… In ‘n oogwink gebeur dit. Nou ja, laaste keer wat ek in die aand gery het. Maar om te bespiegel is kortsigtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.