Tweejarige sterf na kopskoot

Die seun is met 'n helikopter van Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem. Foto: Verksaf

Die seun is met ‘n helikopter van Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem. Foto: Verskaf

ʼn Pretoriase gesin se Nuwejaar het tragies begin met die dood van hul tweejarige seun.

Maroela Media het vroeër berig die seuntjie is Saterdag, kort voor middernag, tydens ʼn vermeende kapingspoging in Olievenhoutbosch in Centurion in die kop geskiet. Volgens die SAUK het die seuntjie Sondag in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het vroeër gesê die voorval het omstreeks 22:50 gebeur. “Volgens inligting van die toneel, is die kind tydens ʼn mislukte kapingspoging in sy kop geskiet. Die ma het aangehou ry en gestop toe sy ʼn ambulans langs die pad sien staan,” het Botha gesê.

Paramedici van verskeie nooddienste het hard gewerk om die seun te stabiliseer. Hy is met ʼn helikopter van Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

In ʼn tweede skietvoorval in die omgewing is ʼn man in die nek en rug geskiet. Hy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas. Die polisie vermoed die twee voorvalle hou verband met mekaar. Die polisie soek na vier verdagtes in verband met die twee voorvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Woedend ·

My hart bloei vir die gesin. My broer se kind is 2. Ek weet wat ek sal doen as dit met hom gebeur nie. Sterkte aan die familie.

Shilo ·

Die storie maak n mens kwaad en hartseer
So jammer vir daai gesin geen ouer of mens moet so iets deur gaan nie
Hoop daai rubbish al die slegte toe

Amanz ·

Dit is hartverskeurend! So ongelooflik wreed. Wat sê mens? Ek sit hier en wag dat my kleinkind kom kuier. Ek kan haar net langer vashou en meer vertroetel te ere van die kleinman wat so vroeg in sy lewe weggesteel is. My hart gaan uit na die familie. Mag ons Almagtige God troos gee in die tyd.

Bruno Stef ·

n Mens weet nie wat die omstandighede is waarom die vrou so laat nog op die pad was nie maar die vuilgoed se oppertuniste gebruik enige geleentheid om te roof en plunder.Die wiel draai maar stadig maar die tyd van afrekenning sal ook weer kom ongelukkig sal baie onskuldige mense soos in die geval die prys moet betaal.My innige simpatie met julle verlies.

Esmay ·

Hoekom moet tyd altyd n rol speel!!! Mens moet kan beweeg sonder om heeltyd oor jou skouer te loer. Sè dankie vir fw de klerk dat hy nie die dinge kon sien kom nie. Ek sal tot ek die dag dood is die regering voor 1994 blameer!!!

Annie ·

Wat het ras met die artikel te doen…Hemel tog… En as dit nou n swart kindjie is? Wens mense wil net oor die blerrie ras kwessie kom, maar daar sal altyd een wees wat dit inbring!

Bokkie ·

En dit vir n motor dit is al hoekom die arme seuntjie dood is.Hoe belaglik het dit nie geword nie.Hulle gaan net eenvoudig aan en soek iemand anders se motor.My hart gaan uit na die arme ma wat dit moes deurmaak en my innige simpatie aan sy familie.

julius ·

Jammer Annie maar dit is 100% rasse aanvalle. Maak jou oë oop en sien wat aangaan. Twee in dieselfde dorp en die slagoffers is wit en aanvallers swart.

Disekdai ·

Om ‘n kind aan die dood af te staan is die ergste tragedie wat ‘n ouer kan ervaar. Maar wanneer ‘n kindjie, só klein, so wreed “vermoor” word is dit waansin ! Hoeveel kinders nou nog ? Baie sterkte aan die ouers en families. Ons dra jul op aan ons Heer, ons Hemelse Vertrooster.

BS ·

Tyd vir die grootste hofsaak in wereldse geskiedenis. Al die slagoffers van na apartheid saamstaan en huidige regering dagvaar vir geen beskerming! My hart is saam veral saam die ouers.

Viv ·

Stem 100% saam. Dagvaar die regering vir n onvermoe of onwilligheid om sy landsgenote n veilige hawe te bied

billy ·

So van “ras” gepraat, soms is blankes aan die hoof van so n sindikaat. My innige simpatie aan die mensies. Nie een van ons wil graag ons nuwejaar met sulke groot hartseer begroet nie.

Claudia Rhaese ·

What absolute sick pigs these are.! My heart goes out to the family and parents whose lives are changed forever! I felt sick when I read this shocking incident a few days ago, hoping the little one would pull through. Shocking how sick some people are. May they be caught soon and rot in hell and before that get their dues from other prisoners in jail who I believe do not take kindly to child killers! Scum of the earth! I hope they suffer! I say a silent prayer for the poor family!

Piet Pompies ·

Ek voel regtig jammer vir die gesin se verlies en wil met dieselfde asem noem dat Maroela media ongevoelig is met die berig.
Kopskoot is jagters terme, so ook bors skoot, nek skoot ens, dit sou beter gewees het as die berig gelees het, “Kind sterf na skoot in kop”

henry ferreira ·

Dit vul mens met woede en hartseer hkm onskuldige kind nee magtig so kan dit nie aangaan daar is geen beheer of wet en orde wat hierdie vullis afskrik

kosie ·

70 000 blankes vermoor na 1994 volgens n Amerikaanse webblad.
Alrar ne mahoewel dit deur die hele wereld raakgesien word gebeur daar niks,behoewe net om die k woord te gebruik dan is dit n internasionale skok van rassisme.Wonder maar net of hulle nie almal sit en wag vir n burgeroorlog nie dankan hulle die land mos net kom vat.

Peet J ·

F.W de Klerk was terdeë bewus van die feit dat die kriminele situasie in die NSA sou toeneem na die oorgawe en die ANC wat hiervoor verantwoordelik is bekou dit as ‘n toegewing van die kant van die NP. de Klerk en sy helpers Meyer en Pik het tot datum nie ‘n woord gerep oor hierdie aanhoudende aanvalle op die landsburgers nie so ook die kerklike organisasies en sekere politieke partye. Indien daar iemand is wat iets aan hierdie veragterlike aanvalle op die mensdom kan doen dan is dit F W de Klerk maar hy’t sy mense in die steek gelaat en kruip nou weg i.p.v.
om sy foute te kom regmaak.

oni ·

billy jy weet jy praat nou deur jou nek. ek kan mynie enigsins voorstel dat n mede blanke burger sal opdrag gee om plaasmense, vrouens, kinders of blanke mans te vermoor en verkrag nie. ja daar is verseker sindikate wat motors roof en.drrgliks. die res is suiwer om die blanke uit te roei. punt.

Celia ·

My hart is absoluut gebreek vir daardie klein seuntjie. Ek is n ouma van een kleinkind, hy is 3 jaartjies oud. Ekt so lekker gespeel met hom die kersvakansie. Hy is ouma se alles! My hart bloei vir daardie familie! Wat daardie moeder moet deurgaan ! My oe is rooi gehuil- laasweek die tyd het hy nog lekker gespeel!
Ek het nie sterk genoeg woorde om my walging uit te spreek vir daardie varke wat n onskuldige 2 jare ou seuntjie se lewe gevat het nie! Ek hoeveel is nie reeds vermoor nie. Hoe vergewe mens dit hoe word mens nie bitter nie !
Kan ons nie n vas en gebed dag hou nie! Ons klein kindertjies is ons kosbaarste besitting hul word onder ons oe vermoor!.

johannes ·

Esmay, Jy sê dankie aan FW dat hy nie die dinge kon voorsien nie. Ek stem . . . . . maar ons moet eintlik die klomp wat “Ja” gestem het bedank. Ek hoop van harte nie een van groep probeer nou slim kommentaar lewer nie. Julle het vir die “checks and balances” leun geval. Kry vir jul.

PJ Kruger ·

Man almal in die NP het geweet wat kom na 1994, so ook ons. Hulle ken hul geskiedenis, dis hoekom die Groottrek plaasgevind het agv die uitmoor van ons Boere. Ons sal maar die wa deur die drif moet trek en hoe gouer hierdie dinge gebeur hoe beter vir ons almal. Ek is nie bang om te sterf vir dit waarin ek glo nie.

Liza ·

Baie hartseer om jou jaar so te begin, en ja ek weet dis nie lekker om ‘n kind aan die dood af te staan nie ek het al, sterke aan die familie mag God julle berusting gee….. en die persoon wat dit gedoen het hy sal eendag gaan rekenskap gee…..

Lynni ·

Johannes, jy wat so moan oor die ja stemmers. Jou kommentaar is altyd vol van die ja stemmers. Ek dink nie slagoffers van geweld stel belang in wie het ja gestem en wie het nee gestem. Ek raak self kwaad vir al die geweld maar gaan dit nie op die ja stemmers pak nie. Ek is bly apartheid is verby, ek wil nie my kinders op die grens gehad het nie. Om mense soos jy te beskerm wat agter ‘n rekenaar wegkruip.

Peet J ·

Lynni jy moet darem een ding nie uit die oog verloor nie en dit is dat al die “ja” stemmers vir F W de Klerk ‘n mandaat gegee het om met die ANC te kan onderhandel daarsonder sou hy niks kon doen nie. Apartheid was ook nie die oorsaak om die oorgawe te bewerkstellig nie alhoewel daar baie druk van die buitelande was kon F W ‘n beter opsie vir ons beding het. Die woord apartheid het aparte ontwikkeling voorgestaan en niks was daarmee verkeerd nie want dit was op alle burgerlikes van toepassing.

Johanna ·

Stem saam met Jams & Snoefie. vervloek is die moordenaars en hulle beskermers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.