
Argieffoto
ʼn Tweejarige dogtertjie het Woensdagoggend in Olivedale in Johannesburg in ʼn swembad by haar ouerhuis verdrink.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 10:40 op die toneel aangekom met die ma wat op die plaveisel buite die huis met die kind gesit het.
Die kind se gesin het haar toe reeds uit die swembad gehaal en na die plaveisel buite die huis gedra.
“Hulle het haar vinnig ondersoek en gesien sy toon geen tekens van lewe nie, en hartmassering en ander noodbehandeling is onmiddellik toegepas,” het Meiring gesê.
Die noodbehandeling is na 30 minute gestaak en die meisie is op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek die saak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Dis vreeslik!! Baie sterkte vir die familie..
Ai, man dit is so vreeslik hartseer. Baie sterkte aan die familie en vriende.
nette?? NETTE??? NETTE??????
Geen woorde vir die tipe tragedie….
Ek het baie woorde vir die tipe tragedie maar ek mag dit nie alles se nie!!
Hoe kan mense so vervlaks agterlosig wees. Dit is verskriklik en baie hartseer. Jammer ou klein mensie.