Tweejarige verdrink by ouerhuis

Argieffoto

ʼn Tweejarige dogtertjie het Woensdagoggend in Olivedale in Johannesburg in ʼn swembad by haar ouerhuis verdrink.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 10:40 op die toneel aangekom met die ma wat op die plaveisel buite die huis met die kind gesit het.

Die kind se gesin het haar toe reeds uit die swembad gehaal en na die plaveisel buite die huis gedra.

“Hulle het haar vinnig ondersoek en gesien sy toon geen tekens van lewe nie, en hartmassering en ander noodbehandeling is onmiddellik toegepas,” het Meiring gesê.

Die noodbehandeling is na 30 minute gestaak en die meisie is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lizelda ·

Ai, man dit is so vreeslik hartseer. Baie sterkte aan die familie en vriende.

amvi ·

Ek het baie woorde vir die tipe tragedie maar ek mag dit nie alles se nie!!
Hoe kan mense so vervlaks agterlosig wees. Dit is verskriklik en baie hartseer. Jammer ou klein mensie.

Engel Mamma ·

My baba seuntjie het 2jaar terug ook in ons swembad beland. Hy is per helikopter na die beste hospitaal geneem. Weet jy dat hy sy verdrinking oorleef het maar is in die hospitaal oorlede agv n virus wat hy in die hospitaal opgetel het? Weet jy hoe vinnig en besig n 2jarige is. Weet jy dat daai kind se mamma haarself vir die res van haar lewe gaan blameer?
Weet jy dat ons nie God se keuses en doel moet question nie?
Plaas se jy jammer vir die family maar nee jy is seker mamma van die jaar wat se kinders seker nie eers hul toon mag stamp nie.

Rus in vrede kleine mensie. My liefie lyfie gaan lekker saam jou speel. Jammer vir die poppie se familie.

Michele ·

Die groot blou leeu in ons agtertuine. Ek sidder as ek daaraan dink. Ek is paranoies oor swembaddens en kinders. Dit gebeur so vinnig.

My hart gaan uit na hierdie mense. Mag die ouers en familie verstroosting ontvang tydens hierdie tyd.

Rus sag klein mens.

Lee ·

Ai dis verskriklik. Sterkte aan die ouers.
Ons kinders is almal groot maar ons het nogsteeds ‘n net en cover oor ons swembad. Ek voel net meer gerus as ons kuiermense kry.
My hart gaan uit na die ouers. Rus Sag poplap.

Alida ·

NALATIGHEID! vervlaks dit is winter maak die verduiwelse ding toe.

Kwaaitjie ·

Ek stem 100% saam met jou! NET! COVER! Whatever. Hou net kinders veilig!

Corrie ·

Dit is bitter hartseer, En ek weet dit gebeur vinnig maar tog is ek kwaad saam die hartseer. Ouers weet dit gebeur vinnig,hoekom is die swembad nie toegemaak nie!!!!!!!!!

Fran ·

Die swembad is nie toegemaak nie, want die deursnee mens dink “sulke dinge” gebeur net met ander mense. Ek pyn.

Hartseer ·

Mense… dit is hartseer… my sussie se kleinkind is so 2jaar terug in so geval weg geneem… mens mag nie oordeel! Ja nette is veilig, en hekkies… die kleinkie het self die hekkie oopgemaak! Bid liewer vir daai ouers… as om te oordeel asb. Ons sukkel nou nog om oor dit te kom en ek was sy tannie. Hoe dink julle voel daai ouers. Niemand is perfek. Ons bid vir hulle wat elke dag ‘n geliefde verloor. Maak nie saak wat ouderdom gewys is nie. Sterkte!!!?

Linda ·

Liefste Engel Mamma, jy beskryf dit so raak. Dis baie maklik om te kritiseer en vrae te vra as jy nog nie self aan die ontvang-kant van so diep seer was nie. My hart gaan uit na jou, en hierdie mamma, en alle mamma’s wat al ‘n kindjie moes begrawe.

VanAfrika ·

Swemlesse, swemlesse, swemlesse!!!! is die veiligste. Nette of hekkies het ek glad nie vertrou nie. My twee seuns het swemlesse by n Transvaal kampioen swemmer gekry nog voor hulle behoorlik kon dink, ek nie nodig gehad om by plesier oorde of waar enige swembad betrokke was hulle rond te jaag omdat ek bang was hulle sou in n swembad val en verdrink. Hulle kon beter swem as enige grootmens en was en is soos twee visse in die water. Die eerste ding wat jou kind leer by n swem skool, indien jou kind in n swembad val, is hom/haarself om te draai en kant toe te swem. Swemlesse was die beste ding wat ek ooit vir my kinders kon offer

C ·

Ai tog …. Dis soo groot vertroosing. Wat gaan die raad nou help….of wag kom ons laat die ouers nog slegter voel. Lyk my nou gaan jy lekkerder slaap vanaand….

Cb ·

Dis so hartseer….
Sommige van die mense wat kommentaar lewer is so harteloos. Kannie glo dat hulle soveel beter weet as ander. Plaas die gesin gepost het voor hulle kind verdrink het dat hulle hulle net gaan aflos. Dat al julle harteloos mense hulle kon gewaarsku het. Dis mos hoe ONGELUKKE gebeur…..

Sterkte vir die gesin.

Kwaaitjie ·

My hart gaan uit na die ouers. Maar ek wens mense wil groter respek hê vir water. ‘n ongeluk gebeur so gou.
?
My eie kind het ‘n rukkie terug langs sus swembad getrip en ingeval. So bly die net was op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.