Tweejarige verdrink in KZN-swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweejarige seuntjie het Dinsdag in ʼn swembad in Kapentabaai aan die KwaZulu-Natalse suidkus verdrink.

“Paramedici het hom uit die water gehaal en hom probeer bykry,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Hy is egter op die toneel dood verklaar.”

Die polisie sal ondersoek instel hoe die kind in die swembad beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liza herbst ·

As Suid Afrikaner en hoogs TROTS op Afrikaans is hierdie die heel eerste geleentheid om my stem af te druk in ons pragtige land wat al hoe meer sy glans verloor!! ‘n Mens kan eintlik ‘n boek, nee, ‘n omnibus skrywe oor al die ongeruimdhede, die korrupsie, diefstal, moorde, verkragtings, en di hijack en moord van ‘n kennis en kollega gisteraand net buite Pta. Dit is ongelooflik hoe die metro en selfs staatsamtenare hulself skuldig maak aan die misbruik van fondse wat duidelik van die belasting betaler se sak kom. Dan praat ons nie eens van hoe lywig hulle word en steeds nog gesond en fiks verklaar word om diens te lewer wat inelkgeval verswak het nie. My geloof in ons land is aant sneweWaarheen is ons land se mense oppad as hulle nie net hul eie families moet versorg op ‘n salaris waarvan die staat ook alreeds 33% vat om ander areas se krag en water en nou ook paaie en plekke soos Nkandla te onderhou nie. Ons land is ‘n tweede Zimbabwe in wording maar hier is nie net een wat homself verryk uit ons lands burgers nie, maar die hele kaboedel! Sonder skaam of skroom sal hul net VAT en wat staan ons te doen? Ons het geen sê! Waar trek ‘n mens ‘n streep en waar STOP ons hierdie alom korrupsie, en dit sluit absoluut ALLES is wat nie so was byna 20 jaar gelede nie?? Soms wens ‘n mens ons kon die horlosie terugdraai!!

Drieks ·

Ja Liza, ons kan net op mekaar se skouer huil. Ek kan dink hoe jy voel. Dit is pyn wat ons om ons voel en beleef. Sterkte…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.