ʼn Tweejarige seuntjie het Maandag in ʼn poel water in Cottonlands, KwaZulu-Natal, verdrink.
ʼn Raadslid het Reaction Unit South Africa (Rusa) net voor 14:00 gekontak en bystand versoek.
Die gemeenskap het die seuntjie se liggaam uit die water gehaal toe Rusa-beamptes en Rusa-paramedici by die toneel opgedaag het. Paramedici het hom ondersoek en bevestig dat hy geen teken van lewe toon nie.
Volgens die inwoners het die seuntjie saam met ander kinders gespeel toe hy verdwyn het. ʼn Soektog is van stapel gestuur en hy is in die water langs ʼn brug ontdek. Die water het opgedam wees ʼn stukkende dreineringspyp.
Die seuntjie se ouers was by die werk toe die voorval gebeur het.
- (Foto: Rusa/Facebook)
- (Foto: Rusa/Facebook)
- (Foto: Rusa/Facebook)
- (Foto: Rusa/Facebook)
Hierdie is nie reg nie die anc moet uitgestem word sodat mense wat kan regeer aan bevind kom en hierdie land weer gesond kan word…die is hartseer en kon vermy gewees het.
Al wat ek kan se is VIVA ANC, Julle versaak die mense met julle leuns wat die mense aan hulle neuse laat rondly!
Baie tragies !!
Net nog n bewys dat hul niks voel vir sy eie mense op voetsoolvlak, tragies.
Ek werk in ‘n korporatiewe kantoor; en vir “hulle” gaan dit net oor hullself
Alweer ‘n onskuldige kindjie dood omdat daar nie behoorlike toesig was nie. So hartseer…..
So as sy ouers by die werk was, wie moes na hom omsien?
So hartseer, Rus in vrede klein mensie. Sterkte vir die ouers wat hier deur noet gaan :(