Tweejarige verdrink in KZN-swembad

verdrinkʼn Tweejarige seuntjie het Donderdagmiddag in ʼn swembad aan die Natalse noordkus verdrink.

“Dit is nog nie duidelik hoe die kind in die swembad beland het nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. “Die ouers het op die seuntjie afgekom toe hy in die water gedryf het. Hulle het hom na ʼn plaaslike kliniek gehaas.” Die voorval het omstreeks 17:30 in Mandeni plaasgevind.

“Paramedici van Netcare911 het by die kliniek aangekom en dadelik met behandeling begin. Alle pogings om hom by te bring was egter tevergeefs en hy is by die kliniek dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ina ·

Was daar ‘n net oor die swembad ?Waar was die persoon/ ouers wat toestig moes hou oor die kind ? Is die swembad nie omhein nie ?? Ek weet ongelukke gebeur gou maar as jy ‘n swembad het moet jy mos weet dat jy eksta voorsorg moet tref ,, Nalatigheid veroorsaak baie ‘ ongelukke’ Ja dis tragies en ek het simpatie met die ouers eerlik dis nie iets wat ek my grootste vyand toewens nie .Maar…

Marianne Powell ·

Dis maklik om die ouers te oordeel – ek het self voorheen dit gedoen. Vrae gevra soos waar was die ouers en hoekom het niemand gekyk nie? Maar glo my, dit gebeur so vining en ‘n kind vind ‘n manier. Ons het ons kinders van kliens af geleer om nooit naby die swembad te gaan as ons nie by was nie, die hek na die swembad was altyd toe ens. En toe gebeur dit met ons ook, my 2jarige dogtertjie het in die swembad beland, gelukkig het ek betyds begin soek waar is sy en haar betyds in die swembad gevind en kon sy gered word, maar dit kon so maklik anders gewees het. So my hart gaan uit na die ouers…. Glo my hulle verwyt hulleself genoeg en het nie nog verwyte nodig nie, maar ondersteuning en gebed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.