Tweejarige verdrink tragies tydens gesin se vakansie

Anet Maré (Foto: Nicole Maré, Facebook)

Die tweejarige Anet Maré is Maandag in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal oorlede nadat sy in ʼn swembad geval en verdrink het.

Johan Maré, Anet se oom, het Vrydag aan Maroela Media gesê die gesin het pas by hul vakansieverblyf aangekom en nadat hulle afgepak het, het hulle rustig op die bank naby die skuifdeur gesit.

Anet het van haar pa se skoot afgeklim en op haar fietsie op die stoep begin ry. “Daar is slegs ʼn muurtjie tussen die stoep en die swembad en Anet het in die swembad beland,” verduidelik Johan. Toe hulle haar uit die swembad haal, het haar hartjie nog dof geklop en sy is dadelik na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Johan het paramedici byna twee uur lank tevergeefs gespook om haar by te kry en sy is dood verklaar.

“Dit was ʼn fratsongeluk, daar is geen nalatigheid ter sprake nie,” het Johan beklemtoon.

Hy voeg by Willie en Nicole het gesukkel om swanger te raak. “Anet was regtig ʼn klein wonderwerkie.”

Anet het op 4 Januarie haar tweede verjaarsdag gevier en die familie het Sondag nog saam partytjie gehou.

Sy word Saterdag om 11:00 uit die Meyerton Katolieke Kerk begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hartseer

Aaai dis só verskriklik hartseer !
Sterkte vir die familie … ons ken julle nie, maar huil saam met julle.

Veronica

Nee!!!!! . . . Hoekom Heer sou ek vra, veral na hul gesukkel het om swanger te raak ?
Mag GOD julle vrede gee wat alle verstand te bowe gaan . . .

snoefie

innigste simpatie aan ouers en geliefdes. sterkte.

In n oogwink

Mens kan nie ELKE keer net aanvaar ouers was nalatig nie. Soms is dit werklik net n vieslike ongeluk… Ons was al by n familie byeenkoms waar my dogtertjie in die swembad geval het. Ons het almal om die swembad gekuier…. (dit was n ooievaarstee- so NEE geen alkohol betrokke) Ek en my man het met ons rug na die swembad gestaan en gesels. Kinders was in en om die huis… Gelukkig het my neef gesien toe my dogtertjie inval. Hy het onmiddelik in die swembad geduik en haar uitgetel. Ons was almal daar by haar. Dit was so vinnig… Lees meer »

Cecilia

Ai tog, so mooie meisie. Dink aan die Ouers. STERKTE vir julle