Tweejarige verdrink tragies tydens gesin se vakansie

Anet Maré (Foto: Nicole Maré, Facebook)

Die tweejarige Anet Maré is Maandag in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal oorlede nadat sy in ʼn swembad geval en verdrink het.

Johan Maré, Anet se oom, het Vrydag aan Maroela Media gesê die gesin het pas by hul vakansieverblyf aangekom en nadat hulle afgepak het, het hulle rustig op die bank naby die skuifdeur gesit.

Anet het van haar pa se skoot afgeklim en op haar fietsie op die stoep begin ry. “Daar is slegs ʼn muurtjie tussen die stoep en die swembad en Anet het in die swembad beland,” verduidelik Johan. Toe hulle haar uit die swembad haal, het haar hartjie nog dof geklop en sy is dadelik na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Johan het paramedici byna twee uur lank tevergeefs gespook om haar by te kry en sy is dood verklaar.

“Dit was ʼn fratsongeluk, daar is geen nalatigheid ter sprake nie,” het Johan beklemtoon.

Hy voeg by Willie en Nicole het gesukkel om swanger te raak. “Anet was regtig ʼn klein wonderwerkie.”

Anet het op 4 Januarie haar tweede verjaarsdag gevier en die familie het Sondag nog saam partytjie gehou.

Sy word Saterdag om 11:00 uit die Meyerton Katolieke Kerk begrawe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hartseer ·

Aaai dis só verskriklik hartseer !
Sterkte vir die familie … ons ken julle nie, maar huil saam met julle.

Veronica ·

Nee!!!!! . . . Hoekom Heer sou ek vra, veral na hul gesukkel het om swanger te raak ?
Mag GOD julle vrede gee wat alle verstand te bowe gaan . . .

In n oogwink ·

Mens kan nie ELKE keer net aanvaar ouers was nalatig nie. Soms is dit werklik net n vieslike ongeluk…
Ons was al by n familie byeenkoms waar my dogtertjie in die swembad geval het. Ons het almal om die swembad gekuier…. (dit was n ooievaarstee- so NEE geen alkohol betrokke)
Ek en my man het met ons rug na die swembad gestaan en gesels. Kinders was in en om die huis…
Gelukkig het my neef gesien toe my dogtertjie inval. Hy het onmiddelik in die swembad geduik en haar uitgetel. Ons was almal daar by haar. Dit was so vinnig – sy het amper nie besef sy was in die water nie. Ek dank die Here elke keer as ek lees van ander se hartseer, dat ons dit gespaar is.

Cecilia ·

Ai tog, so mooie meisie. Dink aan die Ouers. STERKTE vir julle

Neeeee!!! ·

Neeeee!!! Nie nóg ‘n kind!! Sterkte aan die familie,
Maar asseblief ‘n NET oor ‘n swembad óf gooi die ding toe!!
Net ‘n NET wat dit sal keer!!

msp ·

Baie baie hartseer. Ek dink aan julle in die mooilike tyd. Al het ek nie woorde vir so n ramp nie bid ek dat God julle in die droewige tyd sal dra…

Skerpioen ·

Liewe ouers, my dogtertjie word volgende maand 3. Ek het baie baie lank vir haar gewag. So ek bid vir julle seer en stukkende harte. Aan die ander mense, ek beskuldig nie hierdie ouers nie maar die les hieruit wat geleer moet word is as jy nie swem nie is jou swembad toe met n net…. elke gaatjie is ingedruk en die net is 100% korrek toegemaak. Anders kruip hulle deur n oop spasie en dis net so erg.

Gerda ·

Ag dis verskriklik. My hart gaan uit na die ouers en trane wel weer in my oë op want nou Maandag die 15e het my kleinseun 4 dae voor sy 2e verjaardag in n klein koi visdammetjie verdrink. Moet asb nie die ouers blameer nie. Ongelukke gebeur dit kan met enige iemand gebeur onthou daar baie ander gevare ook nie net verdrinking nie. Ons kinders klein of groot word net aan ons geleen. Ons bid vir ons Vader se vertroosting oor die ouers en ook om hul kalm te maak.

Nadia ·

Aiii dis baie hartseer sit met n knop in my keel. Sterkte aan mamma en pappa ons bid en vra dat die Here julle sal dra deur die moeilike tydjie.

Hartseer ·

Sy is so so so pragtig… Julle kindjie lewe by Jesus, liewe ouers. Vind rus daarin. Baie, baie sterkte.

Ella ·

Ek, wil net vir die Ouers, Grootouers, Familie & Vriende sê, daar’s nie altyd antwoorde nie, ons weet nie hoekom gebeur dit nie. Maar jul is in ons Gebede, tyd sal genesing bring.

Alida ·

Innige simpatie aan die Ouers en familie, julle is in my gebede!
Wil net benadruk dat die swembad by die vakansie plek is (volgens die berig) en nie by die ouers se huis nie!!!

Gesiggie ·

Hoe onregverdig moet die lewe wees… jy kom net aan by jou vakansie plek, om tyd saam jou gesin deur te bring..Anet het net 2 jaar van haar lewe gehad en dan gebeur so iet? hierdie klein Engel kind was aan jul geleen… my hart gaan uit na jul as ouers en aan al die familie.. woorde kan nie altyd genesing of troos bring. Mag Jesus jul ontvou in sy arms, en aan jul vrede gee, ek is so jammer vir jul verlies. RIP klein Anet

Cherokee ·

Ek weet nie want ons sien vanaf ‘n raaisel in ‘n spieël, waar die pragtige meisiekind nou is. Wat ek wel weet is dat sy speel, dat sy juig, dat sy dans, dat sy uitbundig is van vreugde oor waar sy nou is. Dat sy jolig is en sing. Prys die Here Ó Ewige Koning van die konings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.