Tweejarige vermoedelik deur rivier meegesleur

Soek-en-reddingswerkers op die toneel waar die seuntjie verdwyn het. (Foto: Rusa)

’n Soektog is Dinsdag van stapel gestuur na ’n tweejarige seuntjie wat vermoedelik in ʼn rivier in Ndwedwe in KwaZulu-Natal verdrink het.

Die seuntjie het voor sy verdwyning op die rivieroewer gestaan terwyl sy pa sy voertuig gewas het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê ’n inwoner het dié nooddiens na die rivier ontbied waar die pa by beamptes se aankoms verduidelik het dat die kind langs die Toyota Fortuner gestaan ​​het wat langs die rivier geparkeer was.

Die pa was glo besig om dié voertuig te was toe hy sy kind uit die oog verloor het. Daar word gevrees dat die seuntjie deur die water meegesleur is.

Die polisie se duikeenheid sowel as soek-en-reddingseenheid was vanmiddag op die toneel om na die seuntjie te soek.

Soek-en-reddingswerkers op die toneel waar die seuntjie verdwyn het. Foto: Rusa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.