Tweejariges in Kaapstad vir rookinaseming behandel

Argieffoto

ʼn Tweejarige tweeling word vir rookinaseming behandel nadat ʼn luguitsuier-waaier Sondag by ʼn huis in Table View in Kaapstad aan die brand geslaan het.

“Die tweejariges het in hul kamer geslaap terwyl die versorger buite in die tuin met ʼn vierjarige kind gespeel het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Die versorger het die rook opgemerk en is dadelik in die huis in om die tweeling te red.” Sy moes bystand ontbied omdat sy nie by hulle kon uitkom nie weens die hoeveelheid rook.

“Die ouers het by die huis opgedaag en kon die tweeling uit die kamer red voordat die brandweer of paramedici by die toneel opgedaag het,” het Vermaak bygevoeg.

Die tweeling is vir geringe rookinaseming behandel en is later na die Mediclinic Milnerton geneem vir waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ai ·

Ek het nog nooit van lugversorging gehou nie, gee my erg sinus. Gewone dakfan op baie warm aande is goed genoeg en hou ook muskiete weg.

Hoop hulle gaan okay wees ?

LiquidX ·

Dit was ‘n luguitsuierwaaier (extraction fan) bo die stoof plate en nie ‘n lugversorger nie.

Ben ·

Snaaks hoe die adrinalien pomp as daar moeilikheid is. Welgedaan aan die ouer.
Net snaaks dat die versorger niks kon doen nie, maar die ouers wel???????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.