Tweeling (3) kritiek na huis brand

Foto: Marshall Security

Foto: Marshall Security

ʼn Driejarige tweeling-broer en -suster is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat ʼn brand vanoggend by hul huis in Durban-Noord uitgebreek het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Sekuriteit, het gesê veiligheidsbeamptes is omstreeks 11:20 na die huis ontbied nadat die bure gesien het hoe swart rookwolke by die huis uitborrel. Die Ethekwini-brandweer en nooddienste het hulle onmiddellik na die toneel gehaas.

“Die huishulp, wat ten tyde van die brand na die twee kinders omgesien het, het gesê toe sy die vlamme sien, het sy die seuntjie en dogtertjie gegryp en gehardloop,” het Van Reenen gesê. “Die tweeling het uitgebreide brandwonde aan hul lywe opgedoen en was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het onverpoosd gewerk om die kinders op die toneel te stabiliseer voordat hulle na die Netcare Umhlanga-hospitaal gehaas is.”

Van Reenen het gesê die huishulp is op die toneel vir geringe beserings en rookinaseming behandel, voordat sy ook na ʼn hospitaal geneem is.

Hy het gesê die straat voor die huis was vir ongeveer 45 minute gesluit terwyl brandweerbeamptes gespook het om die vlamme te blus. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andrea ·

Klink vir my die kinders was vir langer aan die vlamme blootgestel as die huishulp. Was sy nie by hulle nie?

Sus ·

Dieselfde gedagte het by my opgekom. Hoe is die kinders verbrand maar sy nie, as sy na hulle omgesien het

Regverdig ·

Niemand van ons weet wat die omstandighede was nie.. Dalk het die kinders geslaap of speel in aparte kamer as waar die huishulp doenig was met haar huiswerk. Ek het ook ñ 3-jarige en is nie 100% van die tyd by hom in ñ vertrek nie. Ek noem maar net, ons is so vinnig om te oordeel. Ek is dankbaar dat sy die kinders kon red.

E ·

Arme mamma dink net hoe sy moet voel. Sterkte vrou vir jou en gesin.

Gideon ·

Ek wil nou hierdie vraag vra? Hoekom laat mens nie geld orals laat rondlê in die huis, of juweliersware nie? Toemaar ek weet wat sal antwoord wees!! Maar dieselfde ouers laat hul kosbaarste besitting in die sorg van persone wat geen opleiding of noodhulp kursus gedoen het nie! Dit terwille van geld, en om hoë lewensstyl te handhaaf!

Appel ·

Gideon, jy is nou heeltemal belaglik. Wie op die aarde laat hul huis bediende enigsins ‘n noodhulp kursus doen? Wat nog gepraat van die assistente by ‘n kleuterskool!

Sydney ·

So vinnig om kretiek te lewer as niemand regtig nie weet wat die omstandighede is rondom die brand en huiswerker is nie. Almal wat so aanmerkings maak het julle nie dalk ook ‘n huiswerker / tuinwerker wat orals rondom julle moet skoon maak nie, Dink eerder aan die kinders asook die huis werker wat lig beseer is. Sy die huiswerker moet die seer nou saam met haar dra, dat sy nie vinnig genoeg op getree het nie, moontlik ook ‘n ma van 2 of 3 kinders, wie weet. Dit kon dalk haar eie gewees het wat sou julle dan gese het…… Vra net

Spekskiet ·

Niemand het nog kritiek gelewer nie, mens noem dit spekulasie. Jy is die enigste een wat kommentators kritiseer wat ook die REG het op hulle eie opinies en gewonder het hoe hierdie ding gebeur het. Jy het ook nie die feite nie, so intussen spekuleer almal, JY OOK!! Jy weet nie eers of sy kinders het nie maar wil klaar die HUISWERKER die martelaar maak terwyl die kinders eintlik VERBRAND het.

katryn ·

almal van ons ‘wat dalk ‘n huiswerker/tuinwerker het wat rondom ons skoonmaak’ BETAAL daardie werkers om dit te doen. Dis nie slawe- of gedwonge arbeid nie. Jy kies as jy iewers wil werk. Jy laat dit klink asof dit ‘n sonde is om iemand te hê wat vir jou werk.

VROU ·

Baie dankie aan die huishulp dat sy die kinders betyds uit kon gekry het. Dinge kon veel erger gewees het, maar mense dink nie daaraan nie !!!!!!

Inge ·

Ek se dankie aan die huishulp wat die kinders gered het! ‘n Brand versprei baie vinnig, almal weet dit. As dit nie vir haar was nie, was hulle dood.

Veronica ·

Die wat so oordeel, bly eerder stil as jy nie iets goed kan se nie want julle weet nie wat is die familie se omstandighede nie en julle was nie daar nie en nog minder wat die oorsaak van die brand was nie. Wees dankbaar sy het ‘n poging aangewend om die bloedjies te help!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.