Tweeling leef steeds, maar is kritiek

Argieffoto

Argieffoto

Die tweelingsusters wat Sondag deur ʼn polisiekonstabel in Emdeni, Soweto, geskiet is, is nie dood soos die polisie vroeër aangedui het nie.

“Hulle is op die toneel bygebring en na ʼn hospitaal geneem,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle is in ʼn kritieke toestand.”

Die polisie het vroeër gesê ʼn 27-jarige polisiekonstabel het die tweeling doodgeskiet voor hy homself doodgeskiet het. Makhubela is egter later in kennis gestel dat paramedici hulle kon bybring.

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

Die man was by die Booysens-polisiestasie gestasioneer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.