’n Tweeling van 15 maande oud is Donderdagaand in ’n huisbrand in Boksburg, Gauteng, dood.
William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-rampbestuurdienste, sê brandbestryders van Vosloorus is omstreeks 20:00 na die brandende huis in die Windmill Park-informele nedersetting ontbied.
“By brandbestryders se aankoms op die toneel het hulle die huis in vlamme aangetref. Lede van die gemeenskap het die vlamme probeer blus deur emmers waters daarop te gooi,” sê Ntladi.
“’n Soek-en-reddingspoging is van stapel gestuur nadat dit aan die lig gekom het dat daar twee kleuters in die huis was.”
Die kleuters se verbrande liggame is in die afgebrande huis gekry. Beide is op die toneel dood verklaar.
Volgens inligting het die kleuters se ma ʼn brandende kers in die huis gelaat voordat sy glo die huis verlaat het.
Die tragedie het tydens ’n kragonderbreking in die informele nedersetting plaasgevind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Ek is verstom!! Kry kinders maar het nie die verstand om hulle veilig te hou nie.
Jy los ‘n kers of parafien lamp nooit alleen nie.
Die ma behoort aangekla te word!