Tweeling sterf in ongeluk met donkiekar

Foto: Netcare 911

ʼn Sesjarige tweeling is dood nadat die donkiekar waarop hulle was deur ʼn bus getref is op die N12 buite Kimberley in die Noord-Kaap.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het sowat 60 km buite Kimberley in die rigting van Hopetown plaasgevind.

Volgens Botha het die twee seuns op die donkiekar geslaap toe hul ouers langs die pad gaan staan het om seker te maak die donkie is vas.

“’n Bus het teen die donkiekar gebots. Die trefslag van die botsing het veroorsaak dat die seuns etlike meters van die donkiekar geslinger is. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Botha is die donkie ook in die voorval dood. Hy het gesê die tweeling se ouers, die busbestuurder en insittendes in die bus is nie in die botsing beseer nie.
Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann ·

Klae die ouers sonder simpatie aan, dit is teen die wet vir ‘n donkiekar met donkies op ‘n snelweg

WitBlits ·

Die N12 is ‘n gewone tweerigting pad en nie ‘n snelweg nie, maar kritiek sal gelewer word sonder dat die feite geken word!

kobus ·

Witblits, en dit gebeur gereeld. Partykeer kan jy net jammer voel vir party mense.

Linda ·

Weet hul party mense het ook net ‘n donkiekar om te ry en nie so bevoorreg om ‘n bus of kar of selfs ‘n taxi te kan ry nie. Moenie oordeel die ouers is reeds klaar stukkend oor hul kinders.

Rosie ·

Steem saam met Amvi. Donkies is so n spesiale dier en moet so blootgestel word aan onkundige mense. Wat soek hulle op n snelweg met n donkiekar en dit in die nag!

Ana ·

Enigste pad om op te ry en donkiekar enigste vervoermiddel vir die arme mense. Noord Kaap is karretjiemense wêreld. Meeste van die karretjies het nie behoorlike reflekteerders op nie, die mense het n keuse tussen peperduur reflekteermateriaal en kos vir hul gesinne. Dit is n tragedie wat gebeur het. Moet nie die mense betrokke kritiseer nie, dra eerder by om vir die mense sigbare vervoer te help kry. Daar is instansies wat hulle help.

Sad to say ·

Jinne mense maar julle is vinnig om afleidings te maak en kritiek te lewer.
Dink sommige van julle voor jul iets loslaat op sosiale media? Ag nee man! Twee kinders is dood en n onskuldige dier. Dink aan die emosionele trauma wat die bestuurder nou verduur omdat ongeag wat die omstandighede is, moontlik heel onskuldig is hy die oorsaak van twee kinders se dood. Die insittendes, waardeur is hulle? Die ouers wat twee kinders op een slag verloor. Nee man, julle is ongevoellig.

So sad ·

Maak nie saak wat tot die ongeluk gelei het nie daardie kindrtjies is dood en dan nog die onskuldige dier ook.my simpatie aan die ouers en ek hoop al die mense betrokke kry berading. Sterkte vir die ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.