Tweeling sterf ná skoolblus vlam vat

Die skoolbus waarin die twee meisies dood is. Foto: Netcare 911

Die skoolbus waarin die twee meisies dood is. Foto: Netcare 911

Driejarige tweelingsussies het Vrydag gesterf nadat die skoolbus waarin hulle gery het op die N3-snelweg tussen Warden en Harrismith in die Vrystaat aan die brand geslaan het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die bus het tussen die twee dorpe gery toe dit skielik aan die brand geslaan het.

“Die bus het van die pad af geswenk en teen ʼn steilte langs die snelweg tot stilstand gekom,” het hy gesê.

Toe paramedici en die brandweer by die toneel opgedaag het, was die bus in ligte laaie en is baie van die kinders langs die bus aangetref. “Twee mense het kritieke beserings opgedoen. Vier mense is ernstig beseer en 17 is gering beseer.”

Die tweeling kon nie dadelik opgespoor word nie, maar is later gevind toe die brand in bedwang gebring en die skoolbus deursoek is.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n groot hartseer vir hulle familie.
Gewoonlik ontstaan die vuur aan die enjinkant van ‘n voertuig en wanneer in beweging trek die vlamme ongemerk onderdeur die voertuig totdat daar bykans té laat besef word wat aan die gang is.
So het ek ‘n motor gestop wat aan die brand was sonder dat die bestuurder daarvan geweet het. In hierdie geval was die brand in sy beginstadium maar alreeds moeilik om te stop. Ons het dit wel reggekry. Daarom gaan ek nie die brandblussers bevraagteken by die bus want dit was op daardie stadium waarskynlik reeds te laat.

SNEL ·

Die twee kleintjies is maar drie, ek dink hulle was te bang om uit te hardloop met die gewoel en almal wat seker skreeu en skarrel, en hulle het miskien gedink om eerder onder n stoel weg te kruip. Ai, hoe erg nie vir die ouers nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.