Tweelingbabas sterf in huisbrand

Foto ter illustrasie. (Foto: Cape Town Fire and Rescue Service/Twitter)

Die oorskot van twee babaseuntjies is die afgelope naweek onder die puin van hul uitgebrande huis in Delft-Suid in Kaapstad gevind.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê brandbestryders is om 21:07 na ʼn huis in Stamperhoutstraat ontbied. ʼn Hut wat in die agterplaas van ʼn erf opgerig is, was reeds aan die brand toe nooddienste op die toneel aangekom het.

Brandbestryders het die vlamme ʼn uur later geblus en het kort daarna die twee lykies onder die puin gevind.

“Twee babas, glo ʼn tweeling, is in die verbrande vertrek gevind en is op die toneel dood verklaar.”

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog nie bekend nie, maar polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.