Tweelingboetie sterf ná spelery in kar

Die motor waarin die seuntjie doodgebrand het. Foto's verskaf.

Die motor waarin die seuntjie doodgebrand het. Foto’s verskaf.

ʼn Driejarige seuntjie is dood nadat hy en sy tweelingboetie by ʼn huis in Limpopo in ʼn stilstaande motor gespeel het.

Charl Blake, eienaar van Life24 Ambulance Service, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval het Vrydag omstreeks 14:30 in die Moganyaka-nedersetting tussen Marble Hall en Groblersdal plaasgevind.

“Na wat verneem word, was die seuntjies in hul 91-jarige ouma se sorg terwyl hul ouers by die werk was,” het Blake gesê.

Die seuntjies het in ʼn stilstaande motor by die ouma se huis gespeel. Sy is in ʼn stadium in die huis in terwyl die seuntjies verder gespeel het.

“Een van die boeties het op die agterste sitplek aan die slaap geraak voordat die brand ontstaan het.”

Daar word vermoed dat die ander boetie glo met vuurhoutjies gespeel het, waarna die brand ontstaan het terwyl albei boeties binne die motor was. Die boetie wat op die agterste sitplek geslaap het, het in die brand omgekom en is op die toneel dood verklaar. Sy boetie het brandwonde aan sy regterarm opgedoen en is vir rookinaseming behandel.

ʼn Gedeelte van die ouma se huis het ook afgebrand.

Life24 het die seuntjie gratis na ʼn hospitaal in Groblersdal vervoer aangesien die familie nie ʼn mediese fonds het nie.

Konst. Boitumelo Matlala, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê inwoners het die brand opgemerk en self in bedwang gebring.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

'n Gedeelte van die ouma se huis het ook gebrand.

‘n Gedeelte van die ouma se huis het ook gebrand.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tommy ·

Dit is verskriklik!
Wil net graag ‘n klip in die bos gooi, en jammer dat ek dit nou moet vra na aanleiding van hierdie tragedie, MAAAAAAAAAAAAR die dat Life24 VERNIET die seuntjie na die hospitaal geneem het omdat daar nie ‘n mediese fonds isnie, wil ek net graag weet word ander kinders ook VERNIET na ‘n hospitaal geneem omdat daar ooknie ‘n mediese fonds isnie, of is dit maar weer die selfde ou storie. . .

leeann ·

Dit is dieselfde kar, net uit verskillende hoeke geneem. Ja en geen regdenkende mens los 2 woelige kleuters by n 91 jarige ouma nie. Sy kan kwalik na haarself kyk !!!! Dit hang seker ook maar af wie die ambulans bestuur ens. Baie nie blankes weier hulp aan enige blanke !!!! Selfs by hospitale

Mercia Blake ·

Ja. Ons vervoer BAIE wit mense (slle ouderdomme) gratis. Wst n swsk kommentaar im te lewer. Hoekom sal ons nou met kleur onderskei? Dink net as dit in jou kop is…dan is jy seker kleurkeurig? Nietemin….swak kommentaar

pop ·

Ja Tommy, ek weet dat n ambulans nou die dag n WIT tannie verniet saamgeneem het hospitaal toe want soos die outjie gese het. Sy het hulp nodig.

Peet Schabort ·

Vir my lyk dit na twee verskillende motors.
Tweede foto lyk korrek naby die huis.

Clarusca Herbst ·

Ek is n mamma van 3 jing kinders. Hoe los jy 3 jares aleen daai storie maak nie sin nie en ook jy los nie kinders “unattended” in n kar nie. Almal weet dit daar is n slang in daai bos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.