Tweelingboeties sterf saam

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto Foto: memyselfaneye (Pixabay)

Die polisie is op soek na ʼn motoris wat 14-jarige tweelingbroers van die Vrystaat Maandagoggend op die N1 doodgery het.

Sers. Mamello  Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die ongeluk het omstreeks 16:00 naby Thabong gebeur. Die broers het langs die pad gestaan toe ʼn wit Ford Focus met Gauteng-nommerplate teen ʼn hoë spoed teen hulle vasgejaag het.

“Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die motor verloor,” het Mokhuoane gesê. “Nadat die motor die seuns getref het, het dit teen ʼn elektriese paal langs die pad tot stilstand gekom. Die bestuurder het uit die voertuig gespring en van die toneel af gevlug.”

Ooggetuies het die polisie en nooddienste ontbied, maar met paramedici se aankoms was albei seuns reeds dood.

“Die identiteit van die bestuurder is aan die polisie bekend en hy word gesoek. ʼn Saak van strafbare manslag is geopen,” het Mokhuoane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gesiggie ·

Hoe hartseer… om te dink… n Tweeling wat saam sterf?? Die arm ouers van die kinders… Mnr padvark?? ek hoop jy word gou gevang en boet vir jou dade”’ Ek kan dink dat dit n groot skok vir jou was?? maar neem verantwoordlikheid vir wat jy gedoen het?? Dit was dalk net n frats ongeluk?? maar 2 lewens is geneem…

Sterkte aan die ouers van die TWEELING BOETTIES”’ Hul is nou een by Jesus.

Rooiman ·

Net n inhoudelike vragie: Het die ongeluk nou Maandagoggend of 16:00 gebeur? In Suid-Afrika is dit middag as dit 16:00 is.

Jammer oor die tragiese ongeluk.

Slimkind ·

Dit is enige plek in die wereld middag as dit 16:00 is…

MM ·

Hoe se hulle. Oggend en middag praatjies stem nie ooreen nie. In die Vrystaat is 16:00 seker in die oggend. Moet onthou as ek weer daar deur ry om my horlosie reg te stel.

Sarie ·

Tragies… Saam -saam die wêreld binne gekom & op dieselfde wyse weer verlaat.. Ek kan my die hartseer & pyn van hul geliefdes “indink”…. Was die bestuurder besope? Indien nie, waarom anders hardloop hy dan weg?

Maritsa ·

miskien het hy geskrik, mense doen snaakse goed in tyd van skok, maar ek hoop dat hy tot sy sinne kom en verantwoordelikheid vat vir wat gebeur het. Tragies… dink aan die ouers van die twee seuns

Helesti ·

My hart gaan uit aan die ouers. Mag God hulle berusting gee. En aan die bestuurder van die voertuig, mag jy nie baie oud word nie want dit gaan hel wees om elke dag vir die res van jou lewe hiermee moet saamlewe.

Eish! ·

Die Polisie weet wie dit is. Waarom nie bekend maak sodat die publiek kan help om die persoon te kry nie.

Hettie ·

Baie hartseer en sterkte aan sy ouers wat tweeling verloor het! Wat soek tweeling by N1 pad? Dalk hulle wou oorsky gehardloop of geloop het, toe die kar vining gekom het!

Carina ·

Dit is regtig baie hartseer, maar my vraag is: wat soek voetgangers op ‘n snelweg soos die N1? Toe ek my lisensie gekry het was daar duidelike reëls dat GEEN voetgangers, fietse of motorfietse van 50cc op ‘n snelweg toegelaat word nie.
Maar ek sien daagliks hoe loop die voetgangers langs en oor die N1 snelweg oppad Kaap toe.
Dit gaan my verstand te bowe dat ons polisie so vertraag is dat hulle nie die mense verwyder nie. Dis mos die pad reëls.
Elke dag hoor jy van voetgangers wat op die snelweg raakgery word. Daar is voetbrug oorgange maar nee, dis mos makliker om sommer so tussen die bosse uit te hardloop oor die pad.
En terloops, dis die M1 wat verby Thabong loop, nie die N1 nie.

Nettie ·

Carina, dan moet jy kom kyk hoe lyk dit op die N1 Noord, tussen De Doorns en Touwsrivier (neffens, De Doorns Oos en digby Stofland Plakkerskamp). Daar is honderde duisende rande gespandeer om die kamp af te sper met dure draad- en staalversperrings asook die bou van ‘n oorhoofse voetgangerspad. Maar dink jy hulle gebruik daardie voetgangerspad? Aikôna! Hulle klouter oor die draad- en staalversperrings en hardloop oor die pad, reg voor (aanstormende!) swaar voertuie en motors.

Flippie ·

Die polisie en verkeerspolisie en ouers en bestuurder is skuldig aan die ongeluk. Die polisie en verkeerspolisie omdat hulle nie onwettige van die nasionale paaie afhou nie. Die ouers omdat hulle nie verhoed het dat die kinders op die besige paaie kom nie.

Annalie Roux ·

As mens teen ‘n hoë spoed ry soos die berig beweer, dan het mens willens en wetens ‘n besluit geneem om roekeloos te wees. Dit gebeur nie per ongeluk nie. Mense moet leer dat om te bestuur, ‘n reuse verantwoordelikheid is. Dis geen “ongeluk” nie. Dis mense se onnosel keuses!

Nina ·

Ehhh…..120 km/ph IS hoëspoed…. NIEMAND hoort te voet op ENIGE hoofpad. Gaan doen asb jou lisensie oor!

Elzaan ·

Wat op aarde is jou probleem Nina. Sjoe jy is bitter onvriendelik. Ons kry die boodskap. Dis die 2 st6 seuns se verdiende loon dat hulle dood is. Hulle was op n plek waar hulle nie moes wees nie. En behoed Annalie dat sy n simpel aanmerking maak soos “speed kills”. Sy moet onmiddellik haar lisensie gaan oordoen. Sjoe jy is bitter. Dis jammer.

Dis twee jong kinders. Waar en hoe is nie belangrik nie. Net omdat hulle op n verkeerde plek was gee niemand die reg om in hulle vas te ry nie. En mense. Moet asb nie aanneem almal het dieselfde kennis nie. Ek het op n bitter klein dorp grootgeword en ek was 17 toe ek vir die heel eerste keer agter n kar se stuurwiel ingeklim het. Ek kan baie goed vir mense leer, maar ek het nie geweet van voetgangers op die snelweg todat ek eers my leerlings lisensie gekry het nie. En ek het al baie gesien dat skool kinders, wat geleentheid kry saam met ander, langs die pad afgelaai word. Dis hartseer

Jenny thom ·

Amein Carina
Wat het die kinders daar langs die N1 gesoek? Hulle moes nie daar gewees het nie!!!
Maar dit is SA en deesdae doen almal net wat hulle wil. Daar is nie meer wet en orde nie, en daar is geen respek vir verkeersreels nie. Daagliks sien ons hoe vrouens hul grimering aansit terwyl hulle bestuur. Praat nie eers van die oortreders wat wil rook, selfoongebruik en ook nog bestuur nie.
Het regtig simpatie met die ouers, maar hou jul kinders weg van die N1 af.

EMK ·

Elzaan, stem saam met jou. Hierdie is ‘n hartseer ongeluk dan kom mense dit altyd “regverdig” met slimmighede. Hulle weet ook nei alty dhoe die lewe vir party mense is nie, jy het dit baie mooi gestel. Hoop die wysneuse voel nou selfgenoeg met hul vingerwys na die seuns.

Alyssa ·

Thabong is nie eers langs die N1 nie… Hierdie berig-skrywer moes iets sterks gerook het.

mary ·

Maak nie saak waar dit gebeur het nie! Al wat saak maak, is dat 2 ouers 2 klein kinders verloor het! My gebede is met u, mag u seuns rus vind by jesus. Sterkte groot Drukkie uit wellington, kaapstad

Jan Karsten ·

Sterkte vir die ouers, maar ek wil ook weet wat soek hulle op ‘n snelweg? 14, hulle behoort te weet dat voetgangers nie op die snelweg mag wees nie.

Theresa ·

Dis tragies dat die ouers geen beheer oor hierdie twee seuns se doen en late op daardie oomblik gehad het nie. 14-jariges. Op/by ‘n snelweg – waarom? Tragies dat hul gesterf het. Die arme siel wat hul raakgery het, moes seker vreeslik geskok en getraumatiseer gewees het – dis tog heeltemal iets buitengewoon en beslis skokkend wat gebeur het. Los die oordeel. Daar is na alle kante toe genoeg pyn en lyding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.