‘Tweetalige onderrig kan nie afgedwing word’

ʼn Aantal leerders wat by die skool toegelaat wil word, het saam met hul ouers die hofverrigtinge bygewoon, geklee in die skooluniforms van hul vorige skole. Foto: ANA

ʼn Advokaat wat Hoërskool Overvaal verteenwoordig, het Donderdag aan die Noord-Gautengse hooggeregshof gesê die Gautengse departement van onderwys kan nie verwag dat ʼn skool met ʼn Afrikaans-taalbeleid Engelssprekende leerders moet toelaat nie aangesien dit in teenstelling is met Skolewet.

Albert Lamey vir Hoërskool Overvaal het sy betooghoofde voor die hof gelewer nadat die skool in Vereeniging die hof genader het toe die departement die skool verplig het om 55 Engelssprekende leerders vir die  akademiese jaar 2018 in te neem. Die skool het die leerders geweier en gesê hy is vol en het ook nie die nodige hulpbronne om vir nie-Afrikaanse leerders te voorsien nie.

“Jy kan nie bloot opdragte gee wat ʼn beleid ontken nie. Jy kan nie opdrag gee om iets af te dwing wat teen die beleid is nie,” het Lamey gesê. “Hulle [die departement] sou teen 20 Oktober geweet het toe die toelatings gesluit het, maar hulle het gekies om te wag.”

Hy het verder aangevoer die skool is nie gerat vir tweetalige onderrig nie en gesê die departement het versuim om die kapasiteit van die skool in ag te neem toe hy die opdrag gegee het dat die 55 leerders aanvaar moet word.

Kumbirai Toma, regsverteenwoordiger van die Gautengse departement van onderwys, praat met Steve Mabona (blou pak), woordvoerder van die departement, en ander beamptes. Foto: Brenda Masilela/ANA

“Dit is nou buiten die taalbeleid. Dit is baie kommerwekkend dat die prosedures op dié manier hanteer is. Gʼn wonder dit is chaos nie. Leerders word geplaas en dan word die probleem net aan die beheerliggaam oorgelaat.”

Lamey het in sy slotbetoë gesê daar is ʼn beduidende toename van alle rasse wat Afrikaans by die skool wil leer. “Jy kan nie net ʼn enkeltaalbeleid ontken wanneer daar ʼn groeiende getal van daardie taalsprekers van alle kleure is nie.”

ʼn Aantal leerders wat by die skool toegelaat wil word, het saam met hul ouers die hofverrigtinge bygewoon, geklee in die skooluniforms van hul vorige skole.

“Ek het gesukkel om Afrikaans op laerskool deur te kom, so ek weet nie wat sal gebeur as ek Overvaal toe gaan en in Afrikaans onderrig moet word nie,” het die 13-jarige Naledi Mpana gesê.

Die saak is tot vandag uitgestel wanneer die departement hul betooghoofde sal lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

49 Kommentare

jongste oudste gewildste
jaco

van wanneer af het afrikaanssprekendes dan so dom geword dat hulle skielik nie Engels verstaan nie? Dis ook net wit afrikaanssprekendes wat kla oor toenemende verengelsing. ek sien nooit afrikaanssprekende kleurlinge kla nie. hierdie wit klaers moet oppas: hulle gekla gaan eendag te erg word en dan word alle wit mense oor dieselfde kam geskeer as “reaksionêr” en “teen transformasie” en dan raak die onderdrukking op almal van ons net skielik erger Aanvaar bloot hoe dinge gedoen word. Kla eerder oor goed wat regtig brood en botter wegneem soos regstellende aksie, plaasmoorde ens. Engels is nie ‘n moeilike of vreemde… Lees meer »

Amelita

Ek voel hier word glad nie na die kinders gekyk, wil dit net weer n politieke kwessie maak . Daardie kinders gaan daar onder lei, hulle is engels sprekend nou word afrikaans op hulle afgedwing.

Martin

Dis alles deel van hul plan om van Afrikaans ontslae te raak. Hulle is bereid om hul eie taal en kultur tot niet te laat gaan in hul poging om Afrikaans uit te roei (in die geval alles engela te maak) Dus kort voor lank gaan hulle nie meer instaat wees om hul eie taal te lees of skyf nie en die volgende stap nie eers praat nie. Als engels.

CJ.

Ons woon in Jhb en in ons omgewing is daar net Engelse skole. My seun gaan graad 1 toe en ons het van dag 1 af besluit om hom in ñ Afrikanse skool te plaas. Ons is afrikaanssprekend en dis vir ons belangrik dat hy in Afrikaans onderrig word. Ek verstaan dat sommige ouers hul kinders in skole nader aan die huis wil plaas om kostes te bespaar maar as dit jou kind gaan benadeel omdat hy/sy nie die taal verstaan nie, wat is dan die doel? Jy sit mos jou kind in ñ skool met jou taalvoorkeure en ñ… Lees meer »

Hanna

Daardie kinders is ook nie Engels nie! Wat het geword v moedertaal onderrig? Hoekom word die standaard in hulle eie skole nie mer plan gemaak nie? Nou moet alle funksionel skole stelselmatig afgetrek word tot op onaanvaarbare lae standaarde. Ek kan nie sien dat enige iemand hieruit gaan wen nie…