Sowat 20 mense, insluitend kinders, is laat Saterdagaand beseer toe twee taxi’s by die kruising van Simon Vermooten en Pretoriaweg in Silverton gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het die twee taxi’s aan die kant van die pad aangetref.
“Sommige mense het binne die taxi’s gesit en ander het op die toneel rondgedwaal,” het Meiring gesê.
Volgens Meiring is sowat 20 mense gering tot lig beseer. Die beseerdes is op die toneel behandel en deur ER24 en ander nooddienste na nabygeleë hospitale vir verdere mediese behandeling vervoer, aldus Meiring.
Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die voorval.
Spoed en geen genade vir passasiers deur die drywerd van die taxis. Dagvaar die taxi eienaar vir verlies.
Sou enige iemand gedagvaar word verbeur hulle hul reg op vergoeding van die Pad Ongelukke Fonds mits hul beserings van so aard is dat daar wel ‘n eis teen die fonds kan instel kan word.